Slagoffer van Kaapstad

Beeld-gebruiker

Jonges is slagoffers van vaders se sonde

deur Slagoffer van Kaapstad
2012-02-01 22:50

Op die kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) betoog ’n groepie intelligente wit jongmense omdat hulle ondanks uitstekende matriekuitslae nie gekeur is vir veeartsenykunde nie.

Swart studente wat moontlik laer punte gekry het, het glo voorkeur gekry.

Gesigte word swart gesmeer uit protes teen so ’n kennelike onreg.

Dit is ’n tragiese toneeltjie om te aanskou.

’n Mens wonder of dié opreg verontregte jongmense ooit die volle verhaal van die geskiedenis van Afrikaners ken.

Weet hierdie jongmense van ’n tyd – skaars 30 tot 60 jaar gelede – toe die toneel omgekeerd was?

’n Tyd toe geen enkele swart mens in die land die geringste kans gehad het om tot ’n “Afrikaanse” universiteit toegelaat te word nie, wat jou punte ook al was.

’n Tyd toe swart mense moes hoor dat dit geen sin het dat hulle matriek slaag nie, want wat sou hulle tog daarmee wou doen?

’n Tyd toe daar uit die hoogste raadsale van Suid-Afrika met swaarwigtige oortuiging verkondig is dat swart mense net bestem is om “sekere soorte hande-arbeid” te verrig.

Die toneel by die UP is ’n tragedie. Tog is dit die gevolg van ’n vasberadenheid om, te midde van beperkte geriewe en bronne, reg te stel wat in daardie vervloë jare so skrikwekkend verkeerd was.

Dit is waar dat die groepie jongmense met die besmeerde gesigte dit nie verdien nie.

Hulle is die slagoffers van die waansin van hul ouers en grootouers se geslagte.

Dáárdie ouer geslag het sleg geluister toe daar elke Sondag in die kerk gelees is uit Eksodus 20: “Die sondes van die vaders word besoek aan die kinders, selfs tot in die derde geslag van dié wat My haat ...” (Ou vertaling van Eksodus 20:5).

Dade van onreg het gevolge, dikwels juis vir hulle wat dit glad nie verdien nie.

Beoordeel hierdie artikel:

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 S
2003
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.