- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Karwagte betaal om te kan oppas
deur Elsa Meyer van Pretoria
2012-02-05 21:39
Ek wonder altyd hoeveel mense besef dat die motorwagte by die parkeerterreine van winkelsentrums per dag moet betaal vir die “voorreg” om daar te mag motors oppas?
Dié bedrae wissel blykbaar tussen R28 en R100 per dag. Is dit normale praktyk?
Dan koop ons maklik R1?000 se kruideniersware en kan nie R1 of R2 afstaan nie.
Ek is seker mense sal anders dink en doen as hulle van hierdie feit bewus gemaak word.
Ek self was tot onlangs toe nie daarvan bewus nie. Al die mense met wie ek daaroor praat, is verstom en verbaas daaroor.
Miskien moet hierdie feit dan meer beklemtoon word en onder die publiek se aandag gebring word.
Ek glo mense sal dan meer bereid wees om motorwagte met kleingeld te beloon.