- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Kla oor diens is nie rassisme nie
deur Rene van Gass van Nelspruit
2010-03-09 22:35
As jy in Nieu-Seeland bly, dan is dit seker lekker gemaklik om te sê ons hier in SA is rassiste net omdat ons kla oor hoe diens en instandhouding agteruitgaan.
Wel, Nic, ek bly in Nelspruit, net ’n halfuur se ry van die wildtuin. Ons besoek die wildtuin dikwels. Weet jy ooit van die arme diere wat doodgery word deur jou vriende in taxi’s – en dit omdat hulle nie by die spoedgrens kan hou nie?
Om nie eers te praat van die swak kos en vullis oraloor nie.
Nee wat, jy leef in ’n droomwêreld as jy dink dinge gaan nie agteruit nie.
En nee, ons is nie noodwendig rassiste nie. Ons wil net in ’n land bly waar dinge werk soos wat hulle moet!