- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Lyk nie of Pietie media-aandag wil hê
deur Anim van Wyk van Johannesburg
2012-02-06 22:08
Ek verwys na Sarel Myburgh se brief verlede week waarin hy sê die media gee nie aandag aan die hokkiester Pietie Coetzee nie.
Kort voor die Suid-Afrikaanse sporttoekennings in Augustus verlede jaar het ek ’n afspraak met Pietie gemaak.
Ek wou graag ’n onderhoud met haar voer vir Onder vier oë.
Ons sou by die Netcare 911-basis by die Milpark-hospitaal ontmoet.
Nadat ek sowat 15 minute gewag het, het ek Pietie gebel. Sy het toe gesê dat sy die afspraak gaan mis.
Ek het toe vergeefs probeer om te herskeduleer.
Dit lyk nie of Pietie belangstel om aandag van die media te kry nie.