Hein Gehle skryf per e-pos

Beeld-gebruiker

Net nog ’n Malema van ’n ander velkleur

deur Hein Gehle skryf per e-pos
2010-03-12 22:21

Monte Lubbe se verstommende optrede soos in sy brief “Solidariteit mors ook maar net ons geld” van 10 Maart uiteengesit, kan nie onaangeraak gelaat word nie.

Die man is net nog ’n Malema met ’n ander velkleur en ander agenda.

Dink hy hy is ’n held om 300 000 negatiewe e-posse oor sy land die wêreld in te stuur?
(Dit is natuurlik as ons aanvaar dat hy weet waar om die rekenaar aan te skakel en nie sommer bog praat nie).

Dit kan die land, die ontwikkeling en werkgeleenthede onherroeplike skade aandoen.

Het hy nie die vermoë om te onderskei tussen sy land en die regering van die dag nie?

Ons is almal gefrustreerd met die onbeholpe wyse (ondanks sommige uitstekende beleidsrigtings) waarop die ANC-regering en sy instrumente die land bestuur.

Veral die misnoeë waarmee hulle die konstitusionele bestel benader, wek groot kommer.

Gegewe die huidige politieke balans, het liewe Monte nog nie wakker geword tot die feit dat ’n demokrasie dit verg dat gewone burgers en die burgerlike instellings ’n kritieke rol het tussen verkiesingsdatums om die Grondwet te beskerm en in werkende orde te hou nie?

Hoewel ek inherent anti-vakbond is, kan ek die rol wat Solidariteit en ander burgerlike instellings tans speel en die verantwoordelikheid wat hulle namens ons almal op hulle neem om die konstitusie te bewaar, bloot toejuig.

Monte met sy benadering en denke gaan niks vermag anders as om die baba met die badwater uit te gooi nie. 

Dit sou beter wees as hy en ander kluite wat soos hy dink eerder die land verlaat as om hier te sit en die land soos ’n stadige kanker skade aan te doen met sy negatiewe denke en optredes.

Miskien sal die kollektiewe denkvermoë van diegene wat agterbly dan aansienlik styg.

Beoordeel hierdie artikel:

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CITROEN

C2 1.6i VTS 3-dr
2008
R 92,995.00

TOYOTA

Hilux 2400 LWB Dsl MY98
2004
R 95,995.00

FORD

Figo 1.4 Trend 5-dr
2012
R 124,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.