Nadenker

van Johannesburg skryf:
Beeld-gebruiker

Nie ek of my kinders is hulpelose ‘prawns’

deur Nadenker
2009-12-17 07:00

Ek verwys na die oulike wetenskap­fiksiefliek District 9. Ruimtewesens met ’n yslike groot ruimtetuig kom parkeer bo Johannesburg.

Hulle is hulpeloos, verwaarloos en wil eintlik maar net huis toe gaan, maar kan nie.

Op die ou end word meer as ’n miljoen van hulle in ’n ghetto in ’n swart woonbuurt van Soweto geplaas.

Hier teer hulle op ashope en is verslaaf aan katkos. In die algemeen lei hulle ’n afgesonderde lewe, omring deur swart mense en die mensdom wat niks met hulle te doen wil hê nie.

Hulle word deur mense “prawns” genoem, gegrond op hul voorkoms.

Afrikaners (die meeste?) bevind hulself in ’n psigologiese ghetto.

Hulle voel vervreemd en miskien hulpeloos, omring deur mense waarvan hulle wil vlug.

“Ons het ’n sterk leier nodig.”

Ja, maar waarheen gaan hy ons lei?

Hulle teer op die ashope van kwaal-afval. Is verslaaf aan die katkos van misdaad, korrupsie en diskriminasie.

Daar is tog so baie daarvan en hoe lekker eet hulle nie! 

Dit breek my hart om te sien hoe my mede-Afrikaners, die mense wat oor so baie potensiaal beskik, wat so baie kan vermag, wat so ’n uitsonderlike bydrae kan lewer tot ons samelewing, wat sulke groot harte kan hê, krepeer onder die juk van ’n slagoffer-sindroom.

Ja, my hart gaan uit aan almal wat die slagoffers van geweld was en julle pyn en verlies wil ek nie vir een oomblik van die tafel vee nie!

Ja, alles wat verkeerd is, moet aan die kaak gestel word!

Maar dit is een ding om van hierdie dinge bewus te wees (nog beter om daaroor iets te doen), een ding om ’n slagoffer te wees, maar dit word ’n baie slegte ding om daarop te teer.

Daar is tog ’n wysheid wat spreek: die lewe is 10% wat met jou gebeur, 90% hoe jy daarteenoor reageer.

Die verskil tussen die “prawns” van District 9 en Afrikaners is die laasgenoemde het ’n keuse.

Die Vader weet, ons land staan klaar gebuk onder ’n slagoffer(struggle)-sindroom.

Moet ons, en ons kinders, ook in hierdie psigologiese strik vasgevang word? 

Ek het klaar ’n keuse gemaak. Ek, of my kinders, is nie “prawns” nie.


Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.