Estelle Smith skryf per e-pos

Beeld-gebruiker

Pasop vir sogenaamde ‘conservation fee’

deur Estelle Smith skryf per e-pos
2010-03-09 22:35

Op 6 Maart 2010 het ons gesin Krugerwildtuin toe gery om te gaan dagbesoek. Ons het ons tente saamgevat en het gehoop dat ons oornag kampeerplek sou kry.

By Malelane aangekom het my man R160 ingang betaal. By Berg-en-Dal se kantoor het my man die brosjure met die kwitansie van die Malelane-hek aan ’n vrou oorhandig en gevra of hulle ’n kampeerstaanplek vir ons het.

Haar kollega sê aan haar sy moet onthou van die “conservation fee”.

Sy kwoteer ons toe R821 vir een nag tentstaanplek en toe my man navraag doen oor die hoë bedrag sê sy dis oor die “conservation fee”.

Ons pleegkind het nog nooit gekamp nie en het vreeslik uitgesien na die ondervinding, daarom het my man die geld oorbetaal.

Die kwitansie wat sy bo-oor die Malelane-hek-kwitansie geheg het wys net “PAID R821,00” en dit wys nie hoe sy by daardie bedrag uitgekom het nie.

Terug by ons voertuig het my man my gewys wat die nag in ons eie tent ons gaan kos en ek is onmiddellik terug kantoor toe om die transaksie te kanselleer.

Ná vele verskonings soos die vrou is in opleiding, sy het nie gesien ons het reeds by die Malelane-hek vir die ingang betaal nie; en ons is “per ongeluk” vir twee nagte bespreek.

Hulle vra ons toe R246 vir die nag vir ’n tentstaanplek.
 
Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat die eerste vrou gesien het my man het ’n hele paar R100-note in sy beursie gehad.
 
Sy gee toe aan die tweede vrou die kodewoord deur te sê sy moet onthou van die “conservation fee”. Dit beteken “rip him off”.

Toe ek die transaksie kom kanselleer, het die een wat eerste gesê het van die “conservation fee” gemaak of dit die ander een was wat ’n “fout” begaan het.

As niemand kla nie, deel die personeel die geld.

Hoeveel gaan gesteel word by die 2010-sokkertoeriste?

Is dit die personeel wat hulself ’n bie­tjie verryk of is dit dalk die Krugerwildtuin se eie veldtog om meer geld te verdien uit besoekers? 

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CITROEN

C2 1.6i VTS 3-dr
2008
R 92,995.00

TOYOTA

Hilux 2400 LWB Dsl MY98
2004
R 95,995.00

FORD

Figo 1.4 Trend 5-dr
2012
R 124,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.