Namens vele gelowiges,
dankie aan genl. Johan van der Merwe, wat die moed van sy oortuiging het om die
waarheid oor Belhar te ontbloot.
Belhar wemel van onskriftuurlikhede en het humanisme ten doel. ’n
Belydenisskrif moet gegrond wees op die waarhede van die
Skrif en nie gebou op
die humanisme van ons tyd nie.
Boonop is een van die mede-opstellers, dr. Allan Boesak, ’n
veroordeelde bedrieër.
Neels Jackson is altyd bereid om die liberalisme in die kerk te
bevorder. Kan hy asseblief vir ons die volledige standpunt van genl. Van der
Merwe plaas, as hy die moed het?