- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Reaksie oor kerk op feitefoute gegrond
deur Carel Jansen van Secunda skryf:
2012-02-06 22:08
Willem Pretorius se artikel “Hartseer dat kerke nie meer praat”(Beeld, 3 Februarie) verdien kommentaar.
Dit sluit aan by dr. Kobus Gerber se reaksie “GKSA gee NGK ’n klap” (Beeld, 18 Januarie). Albei reageer op ’n besluit van die GKSA se algemene sinode in Januarie vanjaar.
Die volgende is van Pretorius sowel as Gerber problematies: Feitefoute. Hul reaksies is op feitefoute gegrond.
Die feite: Die GKSA het nie die memorandum van ooreenkoms afgekeur nie en het nie gesprek met die NGK opgeskort nie. Maar tog verkies iemand om ruimte te skep vir drama of selfs melodrama.
Wat het dus van die GKSA se kant met die memorandum gebeur? Dit is terugverwys van die groep (deputate) wat in gesprek is met die NGK.