- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Reitz-voorval: Uitbetaling aan slagoffers ’n gevaarlike presedent
deur Speedy Cilliers van Noordbrug skryf:
2011-02-27 21:36
Speedy Cilliers van Noordbrug skryf:
In Beeld van 26 Februarie is berig dat prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), op ’n mediakonferensie heftig gereageer het toe joernaliste navraag gedoen het oor ’n beweerde groot bedrag wat glo deur die universiteit as “vergoeding” betaal is aan die werkers wat deur die “Reitz-voorval” geraak is.
As ek die betrokke berig reg verstaan het, was hy veral ontsteld oor die spesifieke bedrag wat aan hom genoem is.
Na my mening is die bedrag nie soseer die oorsaak van die ongemaklike navrae nie, hoewel ’n buitensporige bedrag noodwendig ook kommerwekkend sou wees.
My vraag is hoe die uitbetaling van enige so ’n bedrag deur die universiteit aan die werkers in beginsel gemotiveer kan word? Is dit dan nie ’n geval van individue (studente) wat oortree het, aangekla is en hul straf via regstappe en interne tugoptrede gekry het nie?
Die betaling van verdere vergoeding deur die universiteit skep na my mening ’n gevaarlike presedent wat in die toekoms misbruik kan word.