Lynette

van Pretoria skryf:
Beeld-gebruiker

Slagoffers van sulke barbare voel anders oor misdaad as ander

deur Lynette
2009-12-10 23:10

Ek stem heelhartig saam met komm. Bheki Cele se uitsprake oor misdadigers en menseregte. As Chris du Plessis (Briewe, 9 Desember) se vrou of dogter deur een van hierdie “diere” verkrag of vermoor word, sal hy beslis ook ’n ander deuntjie sing.

Die afgelope naweek is ’n familielid van my deur twee mans verkrag.

’n Pragtige, onskuldige meisie in die fleur van haar lewe. Haar vriend moes eers alles met ’n mes teen sy keel aanskou en is toe in die kattebak toegesluit waarna die meisie met hierdie barbare by haar moes rondry en hulle gaan aflaai. Wat hulle gedoen en gesê het, is te afskuwelik om hier te herhaal. Geen mens kan haar angs en seer beskryf nie.

Watter regdenkende, beskaafde, Godvresende mens sal so iets doen? Hierdie barbare verdien niks meer as om vir die res van hul lewens te boet nie.

Selfs die doodstraf is te genadig.

Hulle hoort in gate onder die grond en moenie eens vir suurstof opkom boontoe nie.

Ons as naaste familielede van slagoffers wat in hierdie wrede, onmenslike en hartelose misdadigers se hande geval het, kan nie die ongelooflike seer beskryf nie.

Selfs trane maak dit nie beter nie.

Ons kan ons net na God wend wat self verklaar het in Jesaja: “Ek is die Here, Ek het die reg lief” en bid dat hierdie “barbaarse diere” waarna Cele tereg verwys, opgesluit sal word vir die res van hul nuttelose lewens.

Ja, ons is verbitterd, want deur die misdaad en geweld in hierdie land moet ons ook ons geliefdes groet wat na veiliger en meer beskaafde lande verhuis.

Ons word selfs ontwapen deur die regering. Hierdie misdadigers loop met die gevaarlikste onwettige wapens rond en ons kan onsself nie eens verdedig nie.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
55 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Nuutste Briewe-kommentaar

pietermgm sê... Jy bedoel ateïste glo nie in God nie. Kan Beeld nie nou maar 'n slag die debat oor die onderwerp sluit nie. Dit raak nou bitter eentonig. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 67,990.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2011
R 275,900.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.