- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Taxi-roete na buurlande deur Krugerpark
deur Inz Calitz skryf per e-pos
2010-03-09 22:35
Aan Nic Grobler van Nieu-Seeland wil ek tog vra wanneer laas was hy in die wildtuin en hoe gereeld gaan hy soontoe?
Ons kom ook op ’n gereelde basis daar. Ek wil jou vra of jy met die hael geslaan is? Kom kyk wat aangaan!
Ons het talle kere self gesien hoe taxi’s verby jou jaag as ons na die diere kyk – wat natuurlik die diere verjaag met hul lawaai en musiek in die taxi’s.
Hulle ry beslis nie daar vir die natuur nie, maar as deurroete na buurlande.
Ek wonder net hoeveel bokkies word ook terselfdertyd van kant gemaak en ook so deurgebring.
Ek het self gesien dat ’n taxi by die uitgang nie deursoek word nie.
Mnr. Grobler, jy weet nie waarvan jy praat nie!