- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Transformeer-obsessie kelder die ANC
deur Izak Bergh van Marchand
2012-02-05 21:39
Die ANC se Achilleshiel is sy obsessie om die demografie oral te weerspieël, asook om transformasie met groot haas deur te voer.
Hy kon nie die bestaande infrastruktuur in stand hou en het glad nie projekte beplan om in die groeiende bevolking se behoeftes te voorsien nie.
Daarom worstel die meeste munisipaliteite met swak bestuur, gebrekkige dienste en vervalle infrastruktuur.
En daaruit spruit Eskom se fiasko met kragvoorsiening wat die land al miljarde rande se skade berokken het.
In sy koorsagtige haas om te transformeer was die herverdeling van grond een van sy prioriteite.
Dit het miljarde gekos en het totaal misluk.
Dit is ’n groot jammerte dat die ANC-alliansie nie leer deur sy foute nie en ook nie gebruik maak van die aanbiedings van nie-regeringsorganisasies nie.