Nadenker

van Johannesburg skryf:
Beeld-gebruiker

WB-sokker gee Afrikaners ’n

deur Nadenker
2009-12-15 08:00

Clint Eastwood se fliek Invictus wys nou in ons teaters. Mens kan maar net nie help om met trots terug te dink aan 1995 se Wêreldbeker-rugbytoernooi en Francois Pienaar wat die trofee opgelig het nie.

Wat ’n wonderlike dag! Veral vir rugby-ondersteuners. Maar wat die dag selfs merkwaardiger gemaak het, was Madiba se bereidwilligheid om ’n beeld van versoening daar te stel. Om ’n Springbok-trui aan te trek, en te jubel met arms in die lug, was om in my wêreld te tree as Afrikaner, om my as medemens te aanvaar en te sê ek maak ruimte vir jou en wat belangrik is vir jou – al moes ek vir 27 jaar my menswaardigheid prysgegee het.

Volgende jaar is die Wêreldbeker-sokkertoernooi in ons midde. Hoe die Afrikaners oor die algemeen hieroor voel, weet ek nie. Miskien is dit te volksvreemd vir sommige, miskien walglik vir andere wat dit as “hulle” sport sien, of miskien bestaan daar meer as net nuuskierigheid hier en daar. Wat ook al jou gevoel, die Wêreldbeker-sokkertoernooi bied ons ’n gulde geleentheid, en laat ek dit so stel, ’n uitdaging aan die Afrikaner.

 Kan jy vir ’n tydperk ’n “vreemde” trui aantrek, vir ’n tydperk die Springbok vervang met die trui van Bafana Bafana? Kan jy vir jou medemens gevoel hê, hul vreemdheid en andersheid tersyde plaas en sê ek aanvaar jou, maak ruimte vir jou en wat belangrik is vir jou? Dit kos ons nie ons menswaardigheid nie, net ’n verandering in ons denke.

 Daar is niks, behalwe hardkoppigheid, selfregverdiging, en ’n gevoel van meerwaardigheid wat in ons pad staan om versoening te bewerkstellig nie. Om ’n Bafana Bafana-trui aan te trek sal ’n tree in die regte rigting wees om wonde te genees.

Hoe so? Dit is onder meer om ’n uitnodiging te kommunikeer dat ek “hulle” deel van my lewensruimte maak. Wen of verloor, “hulle” span word “ons” span.

Ek voel saam met “hulle” want ek stel belang en bemoei myself met “hulle” as mense wat dieselfde dinge uit die lewe wil hê as ek. So ’n bietjie vreugde. So ’n bietjie geluk. So ’n bietjie trots. So ’n bietjie menswaardigheid.

Ek skep geleenthede om brûe te bou, mure af te breek, en in die proses ondervind ek ’n genesing van my eie siel.

 Kan ons dié uitdaging aanvaar, of is Madiba nog steeds te groot vir ons?

 Die alternatief is tog vervreemding en voortsetting van rassespanning, en wie weet waar hierdie pad sal eindig.

 

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
53 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.