- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Afrikaners moet vir hulself sorg
deur Hügo Krüger
2011-07-14 11:33
Afrikaners moet hul Jannie-jammergat houding nou los.
Kom ons praat nou maar reguit oor die huidige stand van
Afrikaners, Afrikaanses, wit Suid-Afrikaners of nou wel Afrikaanssprekende
Suid-Afrikaners in Suid-Afrika - kies maar die politiek korrekte term van die
oomblik.
Ná die onlangse briewe en artikels waarin verklaar word dat ons "nederig moet wees" en "simpatiek
moet optree" wil ek bietjie uitspraak lewer.
Dit is asof die meerderheid 'n tjip op hul skouers het, en ons moet
dit afklap.
Ons moet nou maar vir eens vir altyd aanvaar dat ons
tweederangse burgers in hierdie land gaan wees en gaan bly.
Vir jare in die
apartheidsera het die Afrikaners in sy gemaksone gebly, die staat het vir ons
goed gesorg en vir ons mense ook goed gesorg - my generasie het baie daarby
gebaat, die pos-apartheid generasie. Maar ek wil graag vir die Afrikaner-leiers
van daardie tyd bedank vir wat hulle vir ons gegee het.
Ek wil ook vir die ANC
bedank, dankie vir AA, dankie vir swart-ekonomiese-bemagtiging, dit help ons
net soveel te meer.
Ná '94 is Afrikaners vir eens op hul eie voete gelaat,
ons het dis transformasie van 'n staats-inrigtingsgeoriënteerde kultuur na 'n
ekonomiese onafhanklike een gemaak en in baie opsigte word dit steeds gedoen.
Die feit bly staan ons is suksesvol uit alle magsposisies en sektore in die
staat uitgefaseer. Hiervoor sê ek ook baie dankie vir die ANC, dit het ons
jong mense meer geleenthede gegee om op ons eie voete te staan.
Ons het die bande van kultuur en
vaderlandsliefde verbreek en dit is nou "every man for himself and the devil
for the rest", raai wat - ons pas goed aan! Die lewe skuld ons niks nie en hy
gaan partykeer uit sy pad uit om dit vir ons te bewys. Indien die Afrikaner
selfstandig wil wees, sal hy self daarvoor moet sorg.
Nie
apartheid nie en nie die ANC nie.
Aan die meerderheid sê ek weereens dat
ek nie jammer is nie, die lewe is onregverdig, aanvaar dit maar net so, welsyn
gaan nie armoede oplos nie, die armes en armsaliges sal
dit self moet doen - as hulle afhanklikheid van die staat verwag en
staan vir "handouts" dan gaan hulle vir ewig wag.
Hulle moet ook besef dat
die leiers wat hulle gekies het Afrikaners verjaag – that is your loss.
Ek voel nie deel van die reënboognasie nie, dit is te
onrealisties gewees en sal na my leeftyd nie eers realiseer nie. Ons moet maar
die realiteit aanvaar dat ons weens ras en kultuur verdeel is.
Die Afrikaner is
'n uitlander in Suid-Afrika, die staat sal jou nie help nie. As ons blanke armoede wil oplos dat sal ons dit self moet doen, dit kan baie duidelik
gesien word deur organisasies soos Solidariteit, wat buite die politieke
spektrum hul mense uit armoede probeer help – vir hulle het ek baie respek.
Dankie NP, dankie ANC en dankie aan al die Afrikaners en
Suid-Afrikaners wat steeds positief is en wat steeds probeer om ons oor een
weer te hervestig in Afrika.
Ons sal bewys dat ons dit sal regkry om met die beperkings ons eie situasie te
verbeter. Een generasie werk vir 'n ander.