Herman Toerien

Beeld-gebruiker

Avbobstaaltjies

deur Herman Toerien
2009-08-31 15:22

Onder die dinge wat Herrie al om den brode gedoen het was om ‘n leerlingbegrafnisondernemer te wees.

En al was Pa Jan ‘n proffie in Anatomie het die uwe maar altoos gehoop sy lewe kon so verloop dat hy nooit ‘n lyk in lewende wywe hoef te sien nie, by wyse van spreke.

Maar dit was my nie beskore nie. Boonop was daar ‘n vlaag grusame gebeurtenisse, en die gevolge het oor my “tafel” beweeg.

Maar dis nie waaroor ek dit hier het nie. ‘n Ooreenkoms tot geheimhouding verhinder my om met die volle kis vorendag te kom.

Maar darem so iets hier en daar.

Op ‘n dag is die ontvangs vol jonge dames, die een se rokkie korter as die ander.

En almal begaan oor spesifiek een lyk.

Ek gaan kyk hoe die skynbare stoetbul van Bloemfontein lyk. Hy het weens ‘n meswond in die stof gebyt. Maar dis toe die naam wat my amuseer. Ter wille van die nageslag verander ek dit bietjie: Jackie Chang Conradie.

Wyle “Jackie Chang Conradie” se moordsaak is toe kort daarna in die hof, en ek kom meer van dié persoon te wete.

Sy ma, blyk dit, was ‘n bordeeleienaar, en Jackie Chang is hierin opgesluit om hom van die dwelms skoon te probeer maak. En ai, so tussenin doen hy toe slegte geselskap op.

Op ‘n dag is die polisie by Avbob, en hulle soek na my. Ek pleit bewusteloos, tot ek onthou van die heel eerste lyk wat ek ingesit het – ‘n kontarkbegrafnis van armlastiges, met die naam “Jonas” met filtpen op die kis geskryf. Jonas en ‘n vrag Vigsbabas is so met hul yskoue kissies opmekaar gepak in ongemerkte grafte weggelê.

Maar nou het Jonas ‘n naam, en familie en ‘n prokureur en die polisie. En hulle soek my oor daai onwettige begrafnis.

Maar ek het lank in die staat gewerk en van kortpaaie met korrupsie kon Herrie min geleer word. Trouens, ek onthou nog hoe my hoofdirekteur, in die teenwoordigheid van die regsadviseur, by my gepleit het om so nou en dan my “diskresie” te gebruik en anderpad te kyk, my felheid teen korrupsie skep vir die nuwe regering probleme. En hy sal dit voor die Here ontken as ek dit herhaal.

Dus het ek die storie by Avbob geken nog voor hulle begin het.

As iemand in die betrokke hospitaal dood gaan, word ‘n telegram na die afsterwe na die familie wat opgegee is gestuur. As daar dan nie binne twee weke reaksie van die familie is nie, word die persoon armlastig begrawe.

Wanneer die familie seker is die afgestorwene is reeds so onwaardig begraaf, daag hulle skielik met ‘n prokureur gewapen by die hospitaal en begrafnisondernemer op, en sê hulle het daai telegram nooit gekry nie, en eis en kry ‘n ordentlike begrafnis op staatskoste. 

Op ‘n dag is daar weer ‘n rumoer in die portaal. Dis ‘n dokter by ‘n privaat hospitaal wat ‘n pasiënt wat in die hospitaal dood is wil laat begraaf, maar die oorledene maak heftig beswaar. Die moeilikheid, blyk dit, is dat die oorledene nie net ‘n ander se naam geleen het vir sy hospitaalverblyf nie, hy het sommer op sy mediese fonds ook vertoef. Alles sou ook mooi uitgewerk het as die pasiënt nie loop lol het om dood te gaan nie.

Die dokter raas oor bedrog, en die “oorledene” wil doodseker maak hy word nie weens die “misverstand” ingespit nie. Presies hoe ‘n groot misverstand hy nou gereken het dit kan wees weet nugter, want dit was hy sigselwers wat sy mater kom inboek het (by die hospitaal). Ook ‘n ou laai, verneem ek toe.

Op ‘n dag wil ‘n antie die begrafnisondernemer en misipaal net hof toe sleep. Sy en ander susters het as draers van iemand by die graf opgetree, maar tussen haar eie gewig en die een in die kis se gewig het die graf-rand ingegee. Sy is toe nog voor die kis die graf in, tussen die aflaat en die kant in, met die gevolg dat sy goed deurgeglip, maar haar rok heel onsedelik bo gebly het.

En mens raak nie onsedelik by ‘n graf nie. Die kollega wat die begrafnis behartig het, trek net skouers op en sê hy het hulle gewaarsku om nie so na-aan die rand te kom nie.

“Sê jy miskien ek is vet?!” En woerts, weg is hy.

Die bestuurder, voorheen konsul genoem, vertel hy het ‘n begrafnis op die Kaapse Vlakte behartig. Die grond is erg sanderig, en die priester hou aan te na aan die kant karring, en dan sien hy hoe begin die bodem wegsak, en druk hy die priester terug na veiliger grond.

Maar die priester wil nou voor wees, en daar gaat hy, ook met kis en al die graf in.


 

Beoordeel hierdie artikel:

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Invoice Clerk Kenilworth

Kenilworth, Cape Town, South Africa
West Coast Personnel
R6000 - R6001

Plant Cost Accountant

Cape Town, South Africa
CME Recruitment
R15000 - R20000

Manager Legal Services

Johannesburg, South Africa
Evolution Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.9 TDi Comfortline Dsl MY06
2006
R 199,595.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

ISUZU

KB300 TDi D-Cab LX Dsl MY04
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.