- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Eskom-oplossing: Vorder skuld in
deur AJ Botha
2011-11-24 10:42
Die berig wat handel met Eskom se waarskuwing oor
moontlike kragonderbrekings het betrekking.
Daar is begrip vir die bewering dat
heelwat kragstasies in hul "middeljare" is, alhoewel Eskom sekerlik
jare gelede al bewus geword het wanneer die middeljare sou aanbreek en dit nie
juis as verskoning voorgehou kan word nie.
Wat meer ontstel is die feit dat Eskom probleme met
skuldinvordering ondervind, onder meer by myne soos Aurora en woongebiede soos Soweto,
waar slegs 20% van die gelde vir elektrisiteitvekope in die bankrekening
opeindig.
Eskom se "winsgewendheid" word in elk geval
"geborg" deur die verbruiker wat sy rekeninge, wat op astronomiese
verhogings in tariewe bepaal word, betaal.
My advies aan Eskom is eenvoudig. Kanselleer die
krag-toevoer na alles en almal wat nie betaal nie en binne dae sal daar genoeg
elektrisiteit beskikbaar wees vir verkope. Die surpluskapasiteit sal boonop
meer as genoeg ruimte vir herstelwerk en onderhoud bied.
Lees: Eskom pleit: 'Sit af!'