- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Gautrein: Reeds 2 keer in steek gelaat
deur Francis Fourie
2011-08-10 09:30
Ek is 'n Gautrein-gebruiker.
Ek het met groot opgewondenheid 'n dagpas van 35 dae tussen Rosebank en Pretroria gekoop. Met al die ekstra kostes soos parkering en busse werk dit uit op R2,100.
Dit is die bedrag wat ek betaal vir vinnige, doeltreffende vervoer tussen my werk en huis. Toe nie!
Die diens is nog nie eens twee weke aan die gang nie en dit het my reeds twee keer laat by die werk besorg.
Maandag weens 'n staking en vandag weens kabeldiefstal. Die mense wat hierdie diens gebruik is sakelui wat self doeltreffend en betroubaar moet wees.
Indien die diens so swak bly sal ek genoop wees om alternatiewe reëlings te tref.