Herman Uys, Eldoraigne

Beeld-gebruiker

Kaper, slaap maar met een oog oop

deur Herman Uys, Eldoraigne
2011-10-20 09:57

Op 17 Oktober het Beeld berig dat slegs 15% van motorkapings- en gewapende roofsake deur die polisie opgelos word. 

Nou ja, dit skep by eerste oogopslag 'n mismoedige prentjie.  Laat ons daardie statistieke analiseer en sommer aan enige aspirant motorkaper 'n bietjie gratis beroepsvoorligting gee.  

As jy 'n loopbaan in motorkapings wil begin, weet jy nou dat die kans dat jy na jou eerste kaping nie vasgetrek sou word nie, 'n uitstekende 85% is. 

Dieselfde geld  jou tweede poging. 

Onthou egter dat die gesamentlike waarskynlikheid dat jy vir een van die eerste twee pogings NIE gevang gaan word nie 0,85x0,85 is, dus so 72%. 

As ons daardie redenasie verder voer, is die kans dat jy binne vier pogings NIE vasgetrek sal word nie reeds net so 50%,  en die kans om jou loopbaan voort te sit vir meer as tien pogings 'n skamele 20%. 

Self het ek nou nog nooit 'n motor gekaap nie, maar ek skat dit vat so 'n minuut om iemand met 'n pistool uit hul kar te dwing.

Op grond van bogenoemde is dit dus erg onwaarskynlik dat jou operasionele veldwerk in die kapingsbedryf veel langer as 10 minute gaan hou!

Nou lyk die prentjie heelwat minder mismoedig.  

'n Mens moet natuurlik die howe se effektiwiteit byreken, en dinge is ver van waar jydit graag sou wou hê, maar duidelik het die polisie se bydrae tog 'n effek. 

Met hierdie perspektief in gedagte wil ek aan die Beeld sê: hou asseblief aan om magsvergrype, korrupsie en mislukkings in die polisie te rapporteer.

Die publiek moet weet waar die polisie tekortskiet. Maar moenie alles wat die polisie vermag as netelig afmaak nie.  Daar is baie getroue dienaars in die mag.

So soek bietjie die heldedade en suksesstories en vertel ons ook asseblief daarvan. 

Aan die polisie wil ek sê: dis 'n goeie begin, maar duidelik kan dit nog baie beter.  As julle daardie statistieke kan verdriedubbel, krimp 'n kapersloopbaan na drie minute.

Hou aan, hou net aan.  Aan die publiek: dis ons motors wat gekaap word, ons vrouens, dogters en susters wat verkrag word, ons vriende wat vermoor word, en ons ooms en tannies wat senuagtig vir elke geluid skrik vir maande nadat hulle in 'n pistool se loop afgekyk het.

So raak betrokke.  Sluit aan by jul plaaslike Gemeenskapspolisiëringsforums, of buurtwagte, of uitreik na gevangenis, en help die polisie om die probleem te takel.

 

En vir die aktiewe kaper, net dit: Hoeveel minute lank is jy al besig?  Slaap maar met een oog oop, die SAPD kom vir jou!

  

Beoordeel hierdie artikel:

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.