Johann

Beeld-gebruiker

Skoolgeld: Kyk na die wet

deur Johann
2011-11-30 12:56

Met verwysing na 'n hele aantal artikels oor skoolfonds en skoolfonds-verhogings, net die volgende: Een van die grootste oorsake van skoolfondsverhogings vir sekere ouers is die toestaan van "beurse" om leerders te lok, terwyl die ontvangers van die beurse se ouers heel gemaklik die skoolfonds kan bekostig, maar byvoorbeeld vir die volgende vyf jaar NIKS betaal nie, terwyl die betalende ouers daardie beurs-houers subsidieer.

Volgens die skolewet MOET elke leerder se ouers skoolfonds betaal....tensy hulle aansoek om vermindering of kwytskelding van skoolfonds, onderhewig aan die toepaslike formules en tabelle soos gepubliseer in die skolewet, suksesvol is.

Die korrekte manier om met die "beurs-aangeleentheid" te werk is om 'n aparte "beursfonds" te stig, en daardie fonds aan te vul met skenkings van bv. familie (groot-ouers) van leerders, instansies en maatskappye wat die skool ondersteun, en oud-leerlinge wat die skool goedgesind is. Uit daardie fonds behoort dan gelyke beurs-toekennings gedoen te word vir akademiese, kulturele en sport-prestasies. Gebeur dit so?

Wel, ouers sal dit vir hulleself moet antwoord nadat hulle gaan ondersoek instel het. En terwyl hulle besig is, onthou om te gaan soek onder "slegte skuld" in die skool se finansiële state waar sulke "beurse" soms weggesteek word.

'n Groot aantal skole is totaal buite orde met die toekenning van hierdie beurse, terwyl die kostes van die skool gelyk gedeel en swaar gedra word deur die oorblywende betalende ouers.

Wat dit nog meer skandalig maak is die feit dat beheerliggaam-lede wat hierdie finansiële praktyke toepas, en in baie gevalle vir die ouers met wie se geld hulle werk, lieg...nie verstaan dat as hulle uitgevang word dit ook hul eie loopbane hetsy as prokureur, of finansiële raadgewer, of as beleggingsbestuurder in gedrang kom die dag wanneer daar 'n forensiese oudit aangevra word nie.

Skoolfonds in sommige gevalle is op met 148% oor die afgelope 7 jaar...terwyl ouers se inkomste nie bygehou het nie. Hierdie prentjie word ook nie geskilder nie, want by elke ouer-jaarvergadering word daar net oor die "huidige begroting" gepraat...en as jy vrae vra is die standaard antwoord: "Ons kan nie nou aandag aan jou vraag gee nie. Ons is hier om die begroting goedgekeur te kry. Kom môre na die skoolhoof se kantoor, sodat ons jou agter geslote deure kan antwoord."

En as jy die moeite doen om te gaan, kry JY 'n antwoord op jou vraag, terwyl AL die ouers wat by die vergadering was in die duister gehou word.

Ek hoop ouers van elke leerder begin om druk toe te pas op Departement van Onderwys. Uit ons belasting kry ons 'n toedeling om die skool se bedryfsuitgawes te dek, boeke te koop, en die perseel te onderhou.

Hierdie toedeling is so min dat ouers se skoolfonds, wat veronderstel is om aangewend te word vir beheerraadsposte sodat kinders beter onderrig kan kry, aangewend word om bv. elektrisiteitrekeninge mee te betaal. Met ander woorde, jou skoolfonds beland in die sak van 'n munisipaliteit...waar korrupsie en bogemiddelde bonusse aan die orde van die dag is.

Ek weet ook nie hoeveel ouers bewus is daarvan dat daar in Januarie van 2010 wetgewing gepromulgeer is waar die skool 'n gedeelte van die toegestane skoolfondsvermindering aan ouers wat daarvoor aansoek doen, van die regering terug ge-eis kan word. Doen hulle dit?

Dis tyd dat ouers ingelig raak oor die skolewet. 

Beoordeel hierdie artikel:

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.