Herman Toerien

Beeld-gebruiker

Só onthou ek Barend J. Toerien

deur Herman Toerien
2009-09-07 09:09

In 1977 wag Barend Toerien op die JF Kennedy-lughawe op sy neef, prof. Jan Toerien wat ‘n kongres kom toespreek het. Barend was onbewus daarvan dat Jan, my pa, op die vliegtuig ‘n hartaanval gekry het en dat hy reeds oorlede was toe die ambulans by die Jamaika-hospitaal aangekom het. Onverrigter sake keer hy huiswaarts waar hy die nuus uit Suid-Afrika kry.

Twee jaar later is Barend, wat van sy eerste vrou Maria geskei is, en my ma, Johanna, getroud. So het dit gebeur dat ek ‘n paar weke op hul plasie buite Kerhonksen, sowat 160 kilometer noord van New York deurgebring het. In Suid-Afrika het hulle saam die plasie Eldorado buite Onrus gekoop, en so het ek ook die voorreg geniet om een aand in Jan Rabie se huis van sy beroemde seewierjellie te eet.

Hoewel hulle ook later geskei is, het Barend end-uit goed vir my ma gebly, en gereeld gebel om te hoor hoe dit met haar gaan.

Barend het ‘n paar jaar gelede as hoofouteur die Toerien-stamregister voltooi. Dit is ‘n monumentale werk wat dekades geneem het.

Toerien sterf dieselfde jaar as wat die ander mees bekende Toerien-digter, Jepete Toerien, se 150ste geboorteherdenking gedenk word. Jepete word deur die meeste bronne beskou as die skrywer van minstens die eerste strofes van My Sarie Marais. Toerien het onlangs op ‘n rype ouderdom, ná die afsterwe van Elisabeth Eybers, die doyen van Afrikaanse skrywers geword. Hoewel Barend miskien nie tot die werklike groottes gereken sal word nie, is dit goed dat hy darem ‘n rukkie dié doyen-status kon geniet.

Onder Barend se mees bekende familielede tel die oupa, pa en seun-kombinasie, Frank, Heine en Blake Toerien, onderskeidelik assistent-redakteur van die Groot Afrikaanse woordeboek, skrywer van onder meer Tussen treine en die Mielieblaarklub, en Blake as blyspelskrywer en musikant.

Onder sy Vrystaatse familie tel wyle Herman Toerien, jare lank onderwyser en orrelis op Hertzogville, en SC wat biologie-inspektrise in die Noord-Vrystaat was.

Heel toevallig is die gediggie wat ek oor onder meer Barend geskryf het, vroeër vanjaar op Die Burger se gedigteblog geplaas. Ek weet Jan Rabie het in sy boek, ‘n Boek vir Onrus, ‘n paar keer na Barend en Eldorado verwys, maar of Barend ooit in ‘n erkende digter se skryfwerk opgeneem is weet ek nie.

 April 20, 2009

Woordmeesters van Onrus word min 

Onrus se geil skrywersgrond spruit geil

die Afrikaanse woordkuns uit

Van Jan Rabie se lig-ligte styl

tot Uys Krige se woordebuit

 

Hier het Breyten sandspore getrap,

Barend Toerien die weer kom drink

hul knaende siel Onrus betrap

om nog woordeskat te bedink

 

Die wind is in hul goue woorde,

die son skyn lig op hul woorde

die woorde slaan die see se orkes

en die melkhout breek die storms bes

 

Hul woorde vertel van oertydse strandloper

Die honger magies by Herrie se Baai

as die wegbly perlemoen grootman besoper

oor die volgende kosdinge laat raai

 Wind en weergebrei dié woordmeesters

wat weerlig uit die woorde kon wurg,

maar ook soos ‘n stil waterblommetjiestroom

vir die siende oog met woord lewend kon wek.

Herman Toerien


 

Beoordeel hierdie artikel:

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Invoice Clerk Kenilworth

Kenilworth, Cape Town, South Africa
West Coast Personnel
R6000 - R6001

Plant Cost Accountant

Cape Town, South Africa
CME Recruitment
R15000 - R20000

Manager Legal Services

Johannesburg, South Africa
Evolution Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.