- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Waterkloof-2: Onvanpaste beriggewing
deur
2011-12-20 13:27
Wanneer gaan Beeld se fassinasie met die Waterkloof-vier
eindelik tot 'n einde kom? Die vier moordenaars is skuldig bevind en tronkstraf
opgelê. Die publisiteit aangaande hul parool gee die indruk dat Beeld
simpatie het met die dade wat gelei het tot hulle verhoor en skuldigbevinding.
Herman Wasserman se inset, Onthou: Dit was moord, bring
gesonde perspektief. Wasserman wys tereg daarop dat: "Per slot van sake
sien ons nie gereeld voorbladhoofberigte in die Afrikaanse media oor jong swart
misdadigers wie se lewe ook verwoes word deur ’n jeugdige tronkvonnis
nie".
Dit is goed en wel dat Beeld "nie sag is op misdaad
nie" maar dan moet dit eweredig uitgedeel word en moet "mooi wit
Afrikaanse seuns" nie voorkeur kry nie.
Beeld kan ons gerus meer van
Wasserman se perspektief bring en ons strate nie daagliks ontsier met die
jongste opskrifte oor die geweldenaars nie.
Adv. Johan Kruger se stelling tydens vonnisoplegging bly steeds
van pas: "Korrektiewe toesig sal skokkend onvanpas wees".
Die huidige
verering van die Waterkloof-vier as martelaars is soortgelyk onvanpas.
Lees: Onthou: Dit was moord