4x4’s in reservate verwelkom

2012-02-04 06:00

Met meer as 2 000 km se 4x4-roetes in die Vrystaat waarvan ongeveer 400 km in bewaringsgebiede is, het dit nodig geword dat veldry-entoesiaste ’n sensitiwiteit ontwikkel vir die natuur waarin hulle beweeg.

Dit was dan ook die hoofdoel van die Eko-4x4-uitdaging wat verlede naweek in die Caledon-, die Tussen-die-Riviere- en die Gariep-natuurreservaat aangebied is.

Volgens Kgotso Tau, woordvoerder van die departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake (Detea) is die Eko-uitdaging begin om buitelug-entoesiaste bewus te maak van die ekologie, bewaring, geologie, paleontologie en argeologie van die natuurreservate in die Vrystaat.

Wetenskaplikes van die departement, die Nasionale Museum en die Universiteit van die Vrystaat (UV) het aan die groep 4x4-entoesiaste en lede van die media verskeie interessanthede uitgewys.

Leatitia van Rensburg van die Detea het gesê daar is reeds begin met bewaringsinisiatiewe soos die herwonne plastiek waarvan die klimrame vir kinders en van die meubels in ruskampe soos dié in Tussen-die-Riviere gemaak is.

’n Veldry-roete is in Desember in die Caledon-natuurreservaat, by Wepener, uitgelê.

André Botha van 4x4 Adventures vertel hulle wou daar ’n roete vestig wat nie sou inmeng met die sensitiewe omgewing nie. Die roete is daarom in die vloedvlakte van die Caledon-rivier gemaak en bied aan 4x4-entoesiaste nou ook uitdagende sand-gedeeltes.

Van die ekologies-sensitiewe plante soos voëltjiemis kom voor op klipplate in die Suid-Vrystaat. Dr. Ziets Zietsman, ’n botanis verbonde aan die Nasionale Museum, het aan die groep dié interessante plantjie op ’n klipplaat in die Tussen-die-Riviere-reservaat uitgewys.

Plante soos hierdie kan beskadig word wanneer daar met 4x4-voertuie in die veld gery word.

Van die indrukwekkende vondse wat al in dié reservaat gemaak is, is verskeie groter en kleiner dinosourus-fossiele.

’n Fossiel van die skedel van ’n Lystrosaurus, wat in die eerste van drie eras in die dinosourus-tydperk geleef het, is in die omgewing gevind.

Dr. Johan Looch van die UV het meer vertel oor dié besonderse ontdekkings en het ook vertel hoe die indrukwekkende klipstapels in die reservaat en omgewing ontstaan het.

Behalwe die 4x4-roete in die Caledon-reservaat is verskeie roetes in die Tussen-die-Riviere-reservaat gevolg.

Die een wat die grootste uitdaging gebied het, was Tommiespas, wat van die Brakfontein-piekniekplek tot onder teen die Oranjerivier loop.

Van die bokant van die pas het ’n mens ’n prentjiemooi uitsig oor die breë Oranjerivier met sy grasgroen oewers.

Die deelnemers het saamgestem dat hierdie reservate in die Vrystaat aan plaaslike inwoners en besoekers van elders ’n unieke ervaring bied waarin hulle naby aan die pragtige landskap kan kom.

-Talle 4x4-klubs is by die Eko-uitdaging betrek.

Dit sluit die Land Rover-eko-klub en die 4x4-ekoklub in, asook klubs verbonde aan verskeie handelaars. Vir meer besonderhede oor die Land Rover-ekoklub, bel Renier Strydom by 083 625 3647.

Kontak André de Jager by 083 255 6930 vir meer inligting oor die 4x4-ekoklub.

Reservaat-keuses

  • Die Caledon-natuurreservaat, naby Wepener, is 3 700 ha groot en spog met 13 wild- en verskeie voëlspesies. Dit is ’n gewilde bestemming vir jagters; daar is ’n abattoir waar wildsvleis bewerk kan word. Vir navrae, skakel 051 583 2000.
  • Die Tussen-die-Riviere-natuurreservaat, naby Bethulie, is 22 000 ha groot en beskik oor goeie verblyfgeriewe met ’n uitsig oor die Oranjerivier, ’n groot verskeidenheid wild, ’n abattoir vir die verwerking van wildsvleis in die jagseisoen, piekniekplek en 4x4-roetes. Vir besprekings en navrae, skakel 051 763 1000.
  • Die Gariep-natuurreservaat by die Gariepdam is 16 500 ha groot en beskik oor nuut ingerigte verblyfgeriewe met ’n pragtige uitsig oor die dam. Daar is ’n groot verskeidenheid wild- en meer as 242 voëlspesies wat daar gesien kan word. Vir navrae en besprekings, skakel 051 754 0026.


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.