Dink vooruit en spaar tyd, geld

2012-01-28 06:00

By groot kwekerye wat jaarliks tuinskoue aanbied, kry ’n mens die ideale geleentheid om te gaan loer na die werk van tuinontwerpers wat daar uitstaltuine bou. In dié gedeelte van ’n klein patiotuintjie het die tuinontwerper gebruik gemaak van kleur,

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's



Instellings vir tersiêre onderrig en private ondernemings landwyd bied landskapskursusse aan. Jaarliks betree nuutopgeleide landskapkontrakteurs of “tuinargitekte” (soos hulle soms genoem word) die arbeidsmark.

Die afgestudeerdes (en in baie gevalle ervare tuiniers) kies dié moeilike beroep omdat hulle regtig ’n passie en in die meeste gevalle ’n natuurlike aanvoeling vir goeie tuinontwerp het.

Dis egter nie altyd rosegeur en maneskyn vir die graafswaaiers om werkbevrediging te kry nie. Eers ná baie voorstelle, sketse en taamlike lang onderhandelinge, word ’n kwotasie vir die skep of hernuwing van ’n tuin aanvaar en kan die werk regtig begin. ’n Tuin is ’n persoonlike ding en dis seker te verstane dat die huiseienaar én die tuinmaker se verbeeldingsvlugte (wat soms getem moet word) nie altyd ooreenstem nie.

Om gebruik te maak van ’n professionele tuinier om jou tuin uit te lê, gaan jou geld uit die sak jaag. Plante, fokuspunte, harde elemente soos plaveisel en arbeid is net so duur as om te bou. Dit verstom my soms dat mense duur nuwe huise bou of groot restourasieprojekte aanpak en nie voorsiening in hul begrotings of boulenings maak vir ’n mooi tuin wat die waarde van die eiendom verhoog en komplementeer nie.

Die prys van ’n tuin behoort nie minder as minstens 10% van die totale projek se koste te wees nie, natuurlik afhangende van die bouperseel en bykomende luukses. ’n Mens sien ook pragtige huise wat deur ’n argitek ontwerp is waar die praktiese insette van ’n landskapargitek of -kontrakteur nie by die aanvanklike beplanning ingesluit is nie.

As dit van die begin af gedoen word, sal jy hoor dat daar ’n besparing op grondvoorbereiding kon gewees het as ’n grondverskuiwingsmasjien dalk eers ’n moeilike erf kon tem of diep gate vir kitsbome kon grawe, voordat die grensmure gebou en daar nie meer toegang tot die werf was nie.

’n Tuinkonsultant sal ook byvoorbeeld sorg dat die boukontrakteur nie orals met verf, sement en ander chemikalieë mors nie. Dis skadelike goed wat meestal “begrawe” word en later veroorsaak dat ’n baie duur boom of plante vrek.

Hy of sy sal ook seker maak dat jou deftige binnehoftuin darem ’n waterpunt het, dat daar voorsiening gemaak word vir tuinligte, dat ’n groot stuk opritplaveisel of paadjies nie gelê word sonder om ondergronds voorsiening te maak vir die pyplegging van ’n behoorlike (of toekomstige) besproeiingstelsel nie en dat daar ’n gerieflike stel trappe by jou agterdeur is – om maar net ’n paar praktiese goed te noem.

As dit agterna gedoen moet word (wat gewoonlik die geval is) stoot dit die prys van die tuin op, want die tuinargitek wat laaste op ’n bouperseel werk, is die een wat ander kontrakteurs se werk moet opruim en die plantplekke van voor af moet voorberei.

’n Ander kwessie wat ook groot konflik veroorsaak, is die nasorg van ’n nuwe tuin. ’n Mens hoor so baie keer: “Ek het onlangs ’n lieflike tuin gemaak waarvoor die kliënt ’n klein fortuin betaal het. Maar toe ek ná ’n jaar weer daar verbykom om te kyk hoe die plante gegroei het, moes ek tot my ontsteltenis sien van die groot bome het gevrek, die grond is kurkdroog, die mooi bedding langs die huis is heeltemal deur die honde verwoes en niemand het die moeite gedoen om die formele heinings (wat die kliënt so graag wou hê) gereeld te snoei nie.”

Die feit is ’n tuin is nie soos ’n huis van baksteen en sement wat altyd bly staan en waaraan jy niks verder hoef te doen nie, ook nie soos ’n rok of broek wat jy dadelik kan dra, elke keer mooi daarin lyk en later bloot vervang as dit oud is nie.

’n Tuin is ’n lewende element waarin groei elke dag plaasvind. Dit neem ’n lang tyd om as ’n aardse paradys te vestig en dit verg goeie tuinbestuur en toegewyde nasorg vanaf die dag dat dit deur die tuinmaker beplant is.
Dis die nasorggedeelte waaraan ’n mens ernstig moet dink wanneer jy ’n kits- of nuwe tuin laat aanlê.

Jy moet óf verder van die professionele tuinier se dienste gebruik maak om die tuin te onderhou en bykomende seisoensplante, soos blomplantjies, aan te plant, óf ’n tuindienstemaatskappy huur wat die grasperk kan versorg en met algemene tuinversorging vertroud is.

Vra hulle ook om gereeld snoeiwerk en bemesting te doen, jaarliks die hele tuin kompos te gee en die besproeiingstelsel gereeld na te gaan.

Anders moet jy jouself bemagtig met genoeg kennis en ’n bestuursplan vir jou tuin om jou belegging in goeie toestand te hou. ’n Mens koop tog nie ’n Ferrari en neem hom nooit vir ’n diens nie!


Nog ’n voorbeeld van goeie beplanning. Sterk vorm en lyn word verskaf deur harde landskapselemente en word versag deur pragtige plate meerjariges.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Administrator - Cape Town

Cape Town, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Junior Developer - Sunninghill

Sunninghill, Sandton, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

IT Support Manager - Sunninghill

Sunninghill, Sandton, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.