Eetbare tuin vorm ’n lieflike, geurige lushof

2012-02-04 06:00

Babylonstoren in die Drakensteinvallei het sonder twyfel een van die indrukwekkendste tuine in die land.

Dit is duidelik dat daar hope liefde, geduld en ure se beplanning in die uitleg van dié tuin geploeg is.

Hier, omring deur die pragtige berglandskap, met Simonsberg wat agter die tuin uittroon, is ’n formele, eetbare groente-en-vrugtetuin wat oor 8 ha uitgestrek lê – netjies en perfek versorg.

Babylonstoren se groentetuin, wat sowat 3 jaar gelede uitgelê is, herinner sterk aan die ou Kompanjietuin in die Kaap wat in 1652 aangelê is – nie vir mooi blomme nie, maar om groente en vrugte te kweek. Volgens Karen Roos het dit dan ook gedien as die inspirasie vir die tuin.

Die uitleg is gedoen deur Patrice Travella, tuinargitek en eienaar van die Orsan-tuine in Frankryk. Die Orsan-tuine suid van Parys was oorspronklik deel van ’n klooster wat in 1107 gestig is. Travella en Sonia Lesbot het die tuine herontwerp en ’n ware argitektoniese skat, geïnspireer deur Middeleeuse tapisseries en illustrasies, geskep.

Met die uitleg van Babylons­toren se tuin het Travella streng by formele uitleg gehou.

Die meer as 300 plantsoorte wat almal eetbaar is of medisinaal gebruik kan word, is in 15 groeperings saamgevoeg, wat groentetuine, bessietuine, ’n bye-tuin, inheemse plante, olyf- en suurlemoenboorde en selfs ’n kaktus-doolhof en hoenderhokke insluit.

’n Waterkanaalstelsel wat met die aarde se aantrekkingskrag werk, is aangelê, waaruit die tuin natgelei kan word – soos dit reeds meer as 300 jaar in tuine in dié streek gedoen is.

Besoekers kan roetes deur die tuin volg wat oor meer as 3 km strek. Dit sluit ook ’n weggesteekte paadjie in waar daar in die lente meer as 7 000 clivias blom.

Al die groente en die vrugte word in die Babel-restaurant in interessante geregte bedien en die res word ingemaak en in ’n winkel op die landgoed verkoop.

’n Wandeling deur Babylons­toren se tuine is ’n belewenis.

Liesl van der Walt is een van die toerleiers wat groepe deur die tuine begelei.

Sy vertel dat die tuin nie net funksioneel is nie, maar dat ’n wandeling deur die tuin ook die siel moet voed. Die formele lyne laat ’n mens veilig voel, terwyl jy met jou sintuie die plante kan ruik, voel en proe.

Daar is onder meer formele dammetjies waar waterblommetjies gekweek en forel geteel word.

Op pad deur die tuin stap jy verby oud en nuut: die oud van koejawelbome wat al tussen 80 en 120 jaar oud is en hier in ’n netjiese wandellaan oorgeplant is. Dan begin die een groentebedding ná die ander, elk omring met ’n appel- of peerboord. Daar is ’n groot sitrus- en olyfboord, ’n aanplanting van bessies, ’n groot boord vol steenvrugte en formele aanplantings vol kruie.

GEURE VOER JOU MEE
Van der Walt, voorheen van die Kirstenbosch- botaniese tuin, het gehelp met die aanplant van die inheemse geurtuin. Hier kan besoekers hulle verlustig aan inheemse wonderplante. Hulle het swartbas as heining om die tuin geplant. Binne pryk pelargoniums, boegoe, verskillende kultivars salie, jasmyn en Buddleja.

Die geure van die wilde katjiepiering voer die besoeker mee en die helderrooi van die huilboerboon skep vrolike spatsels kleur waar besoekers ’n wyle kan vertoef onder dié skadubome.
In die paadjies is daar altesame 48 priële geplant met outydse, geurige rankrose wat teen die torings uitrank.

Die tuin word streng organies onderhou en alle plantreste word gebruik om kompos te maak. Roos sê een van die grootste uitdagings is om so organies moontlik te werk te gaan en so min as moontlik gifstowwe te gebruik.

Van der Walt sê hulle verwelkom besoekers en gee graag aan tuiniers raad oor hoe om die beste uit hul groente-, vrugte en kruietuine te haal. Want hier is die perfekte voorbeeld van hoe ’n mens ’n eetbare tuin pragtig kan uitlê om dit ook esteties aantreklik te maak.

  •  Babylonstoren is op die Simondium-/Klapmutspad (R45). Vir meer inligting oor besoektye en ’n kaart, besoek www.babylonstoren.com.

Hulle sê

’n Paar besoekers uit Wellington se wêreld sê:
  • Suzanne Gillard: “Dit is ’n tuin wat jy met al jy sintuie kan ervaar. Jy kan dit voel, pluk, proe en ruik.” Sy sê die personeel se geesdrif waarmee hulle die tuin ontwikkel en in stand hou en hul kennis deel is aansteeklik. Suzanne sê sy hou baie van die idee om riet-piramides te gebruik om rankplante teen op te lei.
  • Adelaine Breedt van Langkloof-rose op Wellington: “Babylonstoren was nie net ’n inspirasie om ’n organiese tuin aan te lê nie, maar ook om natuurlewe te lok en jou te verlustig in die lieflike geure van die natuur. Dit was suiwer inspirasie!”
  • Emmie Malan: Die personeel se toewyding aan elke plant en boom het haar baie beïndruk. “Hulle toewyding om te bepaal wat werk en wat werk nie, en die gebruik van die groente en die vrugte in die restaurant, is prysenswaardig.”


Die formele tuine by Babylonstoren, waar vorm en struktuur die ruggraat vorm van ’n “eetbare” tuin.
Foto’s: Lientjie Mentz

Babylonstoren se restaurant, Babel, is bekend daarvoor dat die disse bestaan uit vars produkte uit die tuin.

Ingemaakte produkte kan by die winkel gekoop word.

Appelbloeisels met een van die indrukwekkende roospriële in die agtergrond.

Liezel van der Walt neem ’n groep deur die tuine op Babylonstoren. Die toerleiers gee graag praktiese wenke aan besoekers.


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Administrator - Cape Town

Cape Town, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Junior Developer - Sunninghill

Sunninghill, Sandton, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

IT Support Manager - Sunninghill

Sunninghill, Sandton, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.