Leer ánder groot stede ken

2012-02-04 06:00

Wyle Raisa Gorbatsjof het dit geweet. En Kylie Minogue. Gaan na Rysel (Lille) in Frankryk vir die styl en gehalte van Parys, maar betaal die helfte minder.
Dié stad noordoos van Parys en 14?km van die Belgiese grens kan binne twee uur van die Franse hoofstad en binne ’n uur van Calais bereik word.

Rysel het ’n ryk geskiedenis. Langs die Deülerivier het hy in die Middeleeue vinnig gegroei vanweë ’n florerende tekstielbedryf. Dit was ook op die kruispaaie tussen Vlaandere en Noord-Europa.

Maar dalk meer as enigiets anders is Rysel ’n inkopie-mekka. Haute couture soos Sonia Rykiel is te vinde in Vlaamse dorpshuise van Oud-Rysel. Dit staan sy aan sy met winkels waar egte antieke ware te koop is, maar ook reproduksies van skilderye van Leonardo da Vinci.

Dan is daar ook die winkels wat spesialiseer in mooi skryfpapier, geborduurde linne en sjokolade.

In die lekkergoedwinkel M. Meert (27 rue Esquermoise) kan sedert 1761 gesmul word aan wafels gegeur met Madagaskar-vanielje. Charles de Gaulle se bestelling wafels is gereeld na Parys gestuur. De Gaulle is in 1890 in Rysel gebore en die sakesentrum is na hom genoem.

Talle van die stad se 180 000 winkels is tot 20:00 oop. Selfs met ’n swak rand is Rysel die plek om jou sakke in Europa te vul.

BERGAMO, ITALIË

Bergamo, 50 km noordoos van Milaan, is twéé dorpe. Die motorvrye Ou Stad troon op ’n 370 m hoë heuwel, terwyl sy voet omring word deur ’n veel jonger stad, wat inwoners eenvoudig “Bergamo” noem.

Dat die onderdorp minderwaardig is, sou ’n denkfout wees. Talle indrukwekkende geboue uit die 19de en 20ste eeu staan langs breë strate. Tog is jy voortdurend bewus van die bo-dorp.

Dit is daar waar Romeine, Gote en selfs Kelte die septer geswaai het, maar die groot opbloei sou kom onder die Venesiërs. Vir hulle was die goed geleë Bergamo ’n kern in hul handelsnetwerk. Daarom dat buitensporig grootse geboue jou steeds hier inwag.

Só het Le Corbusier Bergamo beskryf as die “aanbiddelike onbekende” weens sy indrukwekkende basilika. Die Santa Maria Maggiore het met hom “gepraat”– veel meer as die (nietemin mooie) Dom en die Cappella Colleoni. Hier digby is die sentrale Piazza Vecchia wat al eeue lank die verhoog vorm vir ’n gesellige afspraak, ’n ete, ’n lag of ’n traan. Saans straal die pleintjie intimiteit uit. Hoog bo die Serio-rivier stel die inwoners hul suidelike opgewektheid ten toon.

Bedags sal hulle kuier langs die geplaveide winkelstraatjies met aan weerskante boetieks, restaurants en alomteenwoordige roomyswinkels.

Digby is die dorpie Gorgonzola, wat bekendheid verwerf het vir sy ryk kaas wat met groen skimmeldrade deurgroei is. Ook uit hierdie geweste is mascarpone, ’n romerige kaas gewild vir nageregte, en taleggio, ’n sagte kaas wat jonk geëet moet word.
Noordwes-Italië is die tuiste van rysverbouing en risotto pryk op feitlik elke spyskaart.


MANCHESTER, ENGELAND
Wat jy van Manchester gehoor het, was waar. Hoe nader ons stoom, hoe meer word die kleirooi pakhuise met stukkende vensters, verwaarloosde kanale, beton-oorweë. Trae, grys stroompies onderbreek soms die eentonige troshuisies. Dis Billy Elliot-wêreld kwadraat.

“The fewer the facts, the stronger the opinion,’’ het die oubaas oorkant my vroeër die middag gemor.

“Manchester is ’n stad wat mense leer ken sonder om ooit daar te kom.’’

En dit ís so, want was dit nie dat ek hier móés wees nie, was Manchester vir seker ook nie op my reislys nie.

Tog het ek net versigtig my kop geknik. Hy het pas sy 80ste verjaardag gevier en was duidelik dik vir die holruggeryde rympie dat sy geboortestad sommerso is.

Dit is nie om dowe neute dat Manchester in 1995 aangewys is as gasheer van die Statebondspele nie.

Ten spyte van dekadensie het die stad teen die middel-1980’s begin bruis met ’n byna roekelose energie. Redes was die vergroting van die lughawe, goedkoop geboue, die IT-bedryf en plaaslike musiekgroepe soos Simply Red en Oasis.

Weinige stede kan Manchester se opwindende nagklubs ewenaar. Naweek vir naweek is dit gepak met partytjiediere wat kom van Londen tot Amsterdam.


Ook die moeite werd
ANTWERPEN, BELGIË: Die diamanthoofstad van die wêreld swem ná al die jare steeds in die geld – en die indrukwekkende geboue getuig hiervan. Wat jy hier moet aanskaf, is eersteklas- Belgiese kant en sjokolade. “Frituur Dageraad” bied eersteklas-slaptjips met mayon­naise. Cogels-Osylei is ’n spogbuurt waar die eklektiese style van herehuise die straatbeeld oorheers. Hier is selfs ’n Transvaalstraat.

CAMBRIDGE, ENGELAND: Een van die beste maniere om die universiteitstad Cambridge te sien is per boot. In Venesië kan jy dié Italiaanse stad per gondel verken, maar in Engeland word hierdie bootvaardery punting genoem. En in Cambridge is dit ná al die jare steeds uiters gewild om só rond te vaar op die Camrivier. Talle van die gidse op die bootjies is studente wat ekstra geld op hierdie manier verdien. Vir meer inligting loer by www.visitcambridge.org.

HAMBURG, DUITSLAND: Altyd gedink München of Frankfurt is naas Berlyn die grootste stad in Duitsland? Nee, dié eer gaan aan Hamburg. Met sy nagenoeg 1,7 miljoen inwoners is dié stad in Noord-Duitsland ook die digsbevolkte nie-hoofstad in die Europese Unie. In die Hamburg- metropolitaanse gebied woon ’n allemintige 4,7 miljoen mense. Dié stad se hawe is die naasgrootste in Europa (naas Rotterdam) en die negende grootste ter wêreld.

GENT, BELGIË: Die Belgiese dorp Gent word alte dikwels deur toeriste oor die hoof gesien. Hulle stroom eerder na Brussel en Brugge. Dit sal besoekers beslis loon om ook Gent op hul reise deur België in te sluit. Dis ’n pragtige, eeue oue kanaalstad met ’n sterk universiteitskarakter. Boonop is dit nie ver van die hoofpaaie wat België deurkruis nie. Afrikaanssprekendes sal baie kan verstaan wat die Vlaminge praat.



Gent is ’n pragtige, eeue oue kanaalstad met ’n sterk universiteitskarakter.
Foto’s: Jens Friis



Antwerpen, die diamanthoofstad van die wêreld, swem ná al die jare steeds in die geld – en die indrukwekkende geboue getuig hiervan.



Bergamo se groot opbloei sou kom onder die Venesiërs. Vir hulle was die goed geleë Bergamo ’n kern in hul handelsnetwerk. Daarom dat buitensporig grootse geboue jou steeds hier inwag.




Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.