huis + tuin

2012-01-20 22:26

Skoonma-se-tong (Sansevieria hallii) van Venda. Die skoonma-se-tong het leeragtige, bont blare en is 'n gewilde sierplant, wat oorleef waar ander vrek. Dit is ’n egte Afrika-plant.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's



Louisa Holtzkampf van George skryf: Ernst, skoonma-se-tong (Sansevieria) is een van my gunstelingplante. Ek verstom my elke dag aan die wonders van die natuur.
 
Die skoonma-se-tong groei gereeld deur die WeedGuard wat ek op die gruis gesit het om die onkruid te verhinder om te groei. Dit is so sterk dat ek nie met my vinger ’n gat daarin kan steek nie, maar die plant druk daardeur. Hoe op aarde kry die plant dit reg met sy ronde punt?

Ek stem saam, skoonma-se-tong het ’n merkwaardige groeiwyse. Ek het ook gesien hoe sy uitlopers by enige gaatjie inkruip. Ek het ’n ou, dooie kokerboom in die glashuis by Kirstenbosch vir vertoning.

Nou die dag steek ’n Sansevieria sy kop uit bo in die droë boom. Die plant (Sansevieria aethiopicum) het regdeur die veselagtige stam, van onder tot bo in sy takke, gegroei en te voorskyn gekom. Dit is juis daardie ongelooflike groeiwyse wat maak dat hy so goed oorleef.
 
Eintlik aangepas by weiding en as grootwild hom vreet bly die uitlopers agter en dit groei soos kikoejoe net weer.

Die sterk, veselagtige blare sorg dat die roset skoon losbreek van die ondergrondse uitloper. Die uitlopers sal net weer ’n nuwe blaarroset groei. Hoe hy deur die WeedGuard groei, is as volg: Sy groeipunt (wat die plant kan laat aanpas volgens behoefte) groei aanvanklik tussen die nou ruimtes. Die deel verdik en rek of skeur die WeedGuard oop. Die groeipunt is nie altyd so rond nie; dis gespits voor. WeedGuard is dus nie so ’n doeltreffende “wag” nie.

Vir lesers wat nie met skoonma-se-tong vertroud is nie: Die groep is endemies aan Afrika en omliggende dele en groei veral in bosveld en dorre-bosveld. Dit is vetplante wat tot die drakeboom-familie (Dracaenaceae) behoort.

Die mooi blomme gaan oop in die laatmiddag en snags en die plant word deur motte bestuif.

Daar is sowat 70 soorte en ses kom in Suid-Afrika voor. Hulle word vir hul leeragtige, bont blare gekweek. Dit is ’n baie aanskoulike plant. Een soort het gevaarlike dorings. Die gemsbokhoring (Sansevieria pearsonii) groei in digte plate in die bosveld, het skerppuntige blare en word soms bobbejaan-se-dood genoem. Skoonma-se-tong-soorte het almal sterk vesels wat deur voëls gebruik word vir nesbou en die San het dit jare gelede gebruik om tou van te maak.
 
Aanplantings is al oorweeg vir die vervanging van sisal (Agave sisalana). Gewoonlik is daar ’n hele netwerk onder die grond. Die sap word ook vir oorpyn gebruik en soms as teenvoeter vir aambeie. Die bekendste skoonma-se-tong is Sansevieria trifasciata en dié mooi plant pryk in baie geboue en op mense se stoepe.

Die kultivar met die wit blaarrand is baie gewild. Inheemse soorte sluit in die breëblaar-skoonma-se-tong (S. hyacinthoides), smalblaar- skoonma-se-tong (S. aethiopi- cum), gemsbokhoring (S. pearso-nii), die Zoeloeland-skoonma-se-tong (S. concinna), Tongaland- skoonma-se-tong (S. metallica) en die Venda-skoonma-se-tong (S. hallii), wat dik, leeragtige en geutvormige blare het.


 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.