ANC behep daarmee om als te beheer

2012-02-03 12:48

Die ANC se beheptheid daarmee om alles in die land te wil beheer, het vandeesweek weer uitgeslaan in sy voorlegging aan die kommissie vir persvryheid.

Ironies genoeg besef senior leiers van die ANC dat hulle nie die vermoë het om alles te beheer nie.

Luister maar hoe daar telkens verwys word na “capacity problems” of die nypende “skills shortage”.

Dit weerspieël die ANC se frustrasie omdat die leiers knoppies druk om dinge te laat gebeur, maar dan agterkom die skakelaar is dood.

Omtrent soos wat die res van ons dikwels voel wanneer ons diens van die staat wil kry in hospitale, op paaie, met munisipale rekeninge of op vele ander terreine.

In sulke omstandighede sou dit vir ’n regering raadsaam wees om duidelike voorkeursake te bepaal. Ontplooi dan die beskikbare vermoëns en vaardighede om op die voorkeurgebiede ’n groot verskil te maak. Soos onderwys, misdaad en werkskepping.

Maar pleks van fokus op die heel belangrikste kwessies wat bestuur kan word, is dit asof die omvang van die uitdagings die ANC verwar tot by die punt waar hy net meer wette wil maak om alles te probeer beheer.

Nou is dit die koerante wat in sy visier is, want hulle is die draers van slegte nuus. Dis ons wat swak dienslewering, misdaad en korrupsie in die kollig plaas.

Die ANC se propaganda skets ’n prentjie van ’n swak en korrupte pers wat met ’n appèltribunaal beheer moet word. Daardie tribunaal moet deur die parlement aangestel word. En dan noem hulle dit ‘onafhanklik’.

Diegene wat al onder negatiewe media-aandag deurgeloop het, kan dink dis koerante se verdiende loon om vasgevat te word.

As ’n regering die mag gegee word om vas te vat, moet ’n mens altyd dink hoe dit sal wees as iemand soos Julius Malema daardie mag kry.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.