Gesien deur bril van geloof

2010-09-03 22:26

ons belangrikste uitdaging is die skreiende armoede op ons sub­kontinent. Die opstande in Mosambiek, die onvermoë van Zimbabwiërs om politieke verandering teweeg te bring en ons eie landwye staking bevestig hoe armoede lande van hul potensiaal beroof.

’n Mens verwag dat ons wat uit die geloofsbronne van wysheid, geskiedenis en ’n Godsbesef leef, minder selfgerig sou wees om die omvattendheid van armoede te kan insien.

Calvyn het die Bybel as ’n bril gesien.

’n Mens kyk deur die lense om God en dit wat nou van deurslaggewende belang is, te kan onderskei.

Na my oordeel fokus min gemeenskappe deur hul geloofsbril op armes om hulle moed en hoop te gee.

Kyk ons ander nie te veel na die raam in plaas van deur die lens nie?

Terwyl ons regering al hoe meer in krisisbestuur vasval, behoort geloofsgemeenskappe die omstandighede ter wille van die toekoms reg te lees. In ’n land van blindes behoort dié wat brille het, dit te gebruik – al sit dit hoe skeef.

Die sakeman Louis Fourie droom in Waar die Kerk werk (onder redaksie van Coenie Burger en andere) soos volg:
“Gestel Suid Afrika word een groot ‘skool’ waar die ‘onderwysers’ gewone mense is wat besluit het hulle gaan mensekapitaal op ’n informele sowel as georganiseerde wyse stort in hul landgenote wat agtergebly het weens die tekortkomings van ons verlede.”

Fourie se droom daag veral kerke uit: “Die tradisioneel ‘blanke’ kerke beskik oor die goue gans wat die goue eiers van mense-ontwikkeling in Suid Afrika kan lê.

“Dit behels mense met kennis – en hopelik ’n bewese gesindheid van onvoorwaardelike liefde.”

Kom ons droom hoe leerlinge uit arm gemeenskappe kerksale volsit en hoe ons meer lewensbetekenis kry. Die alternatief is te sleg om te bedink ...

Uit die Woord: “Julle is die sout vir die aarde. Maar as die sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout?” – Matteus 5:13.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

BMW

320i
2005
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 139,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.