Groen lig vir onderwys se groenskrif?

2012-01-23 22:34

Twee weke lank prut die regering se groenskrif van 84 bladsye oor die toekoms van naskoolse onderwys nou al, wat genoeg tydsverloop is om dit in oënskou te nem.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, moet gekomplimenteer word omdat oorkoepelende beleid vir die tersiêre onderwyssektor opgestel word. Dis nodig. Rolspelers het genoeg tyd om tot 30 April te reageer. ’n Mens hoop bydraes word in ag geneem.

Die doelwit om die nasionale deel­namesyfer aan naskoolse onderrig teen 2030 op te stoot van die huidige 16% tot 23%, is ’n noodsaaklike, maar moeilik bereikbare ideaal omdat dit gedoen moet word sonder om die peil van opleiding te laat daal.

Dit is juis Nzimande se klem op die behoud van gehalte wat mens beïndruk, tesame met sy klem daarop dat nie alle suksesvolle matrikulante universiteit toe hoef te gaan nie.

Begrip van die ekonomiese nut van tegniese en vaardigheidsopleiding sal tragedies soos die vertrapping by die Universiteit van Johannesburg voorkom.

Vier kernvrae bly huiwer ná die bestudering van die dokument. Eerstens, word tersiêre onderwys beskou as ’n reg, soos die verpligte deel van skool­onderrig? Die groenskrif is vaag hieroor en die antwoord het groot implikasies, veral geldelik en logisties.
Tweedens lyk dit nie of die gevare van massifikasie verreken is nie. Sukses in onderwys word nie eerstens gemeet aan die getal suksesvolle kandidate nie, maar aan die peil van die suksesvolle kandidate.

Die klem moenie verkeerd val nie.

Derdens: Gaan die beleid deur regulasies of wetgewing afgedwing word?

Dis noodsaaklik dat dit deur wetgewing, waar bydraes voortdurend gelewer kan word, gedoen word eerder as dat die minister die finale arbiter word.

Vierdens: Is die koste van die beleid verreken? Beleid kan net ernstig opgeneem word as dit bekostigbaar is.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.