Howe moet Grondwet beskerm

2012-02-01 22:49

Dit sal pres. Jacob Zuma en sy regering betaam om die boodskap ter harte te neem dat die howe toegelaat moet word om hul werk ingevolge die Grondwet sonder vrees te doen.

Maar as die kritiese uitlatings van sommige ministers en Zuma oor die land se howe in ag geneem word, is dié onlangse boodskap van oudhoofregter Arthur Chaskalson waarskynlik nie een wat hulle graag wil hoor nie.

Zuma-hulle suggereer telkens dat God by was toe die ANC gestig is en dat die party tot die wederkoms sal regeer.

Die subteks is duidelik: Die ANC-in-regering sal doen wat hy wil en wee enigiemand, die land se hoogste howe inkluis, wat ’n stokkie daarvoor wil steek.

Ja, soos Chaskalson in ’n onlangse toespraak uitgewys het, is Zuma reg as hy sê dit is die regering se taak om beleid te bepaal.

Maar Chaskalson wys tereg daarop dat dit net die helfte van die prentjie is.

Die land se Grondwet, waarmee die ANC dikwels spog, vereis ook van regters om die Grondwet en die verskanste menseregte daarin te beskerm en te bewaar en om sonder vrees reg ingevolge die Grondwet te laat geskied.

Dit is duidelik dat die regbank, met die konstitusionele hof as die hoogste gesag, aangestel is as hoeder van die Grondwet.

Dit is ’n taak wat hom in konflik met die regering sal bring (en inderdaad reeds gebring het) indien laasgenoemde beleid aanvaar wat grondwetlike beginsels geweld aandoen.

Daarom is dit ’n politiek verdagte strategie om die regbank vir ongetransformeer uit te kryt wanneer hy die wêreld vir die regering moeilik maak.

Die feite is dat sowat 60% van alle regters vandag swart is en die oorgrote meerderheid van alle regters ná apartheid aangestel is.

Die regering moet ophou om die regbank verdag te maak en eerder sorg dat sy eie optrede binne grondwetlike voorskrifte val. 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.