Kan die VSA veel wys vir die oorlog in Irak?

2010-09-01 23:00

Operasie Iraqi Freedom is verby. Die laaste Amerikaanse gevegstroepe het reeds twee weke gelede na Koeweit teruggetrek. 50 000 soldate bly agter om die Irakse leër op te lei.

Dit is nadat ’n yslike prys betaal is. In geld uitgedruk het die Amerikaanse oorlogspoging $744 miljard gekos.

Maar daar is baie belangriker dinge as geld. Sowat 4 500 Amerikaanse soldate het gesneuwel en byna 32 000 is gewond.

Byna 97 500 Irakse burgerlikes het gesterf – baie van hulle weens terroristiese aanslae, maar tienduisende is deur Amerikaanse koeëls deurboor.
Wat kan aan die batekant getoon word?

Saddam Hoesein is afgesit en tereggestel. Dis beslis positief.

Die probleem is dat Irak ’n wanfunksionele land met ’n wanfunksionele regering is. En sonder die Amerikaanse troepe kan dit die land uiteindelik uiteen laat skeur tussen die Sjiïete, Soenniete en Koerde.

Onder die leiding van genl. David Petraeus is die geweld in 2007-’08 merkwaardig beteuel en het Irak ’n kans op herstel gekry. Petraeus het die vereistes van teeninsurgensie-oorlog meesterlik toegepas.

Maar daar is een ding wat hy en genl. Ray Odierno, sy opvolger, nie onder beheer het nie. Hulle kan nie ’n doeltreffende en eerlike regering soos ’n haas uit die hoed trek nie.

Irak is ’n intens korrupte land met ’n intens korrupte politieke elite. Ja, verkiesings vind plaas, maar dit gaan gepaard met die koop van stemme en grootskaalse intimidasie.

Petraeus en in ’n mindere mate ook Odierno het daarvoor gesorg dat die laaste Amerikaanse gevegstroepe, anders as in 1975 in Viëtnam, nie met die stert tussen die bene padgee nie.

Die Amerikaanse weermag het hom met ’n sekere mate van eer uit die voete gemaak.

Maar is die oorlog uiteindelik gewen?

Dis seker nog te gou om te sê, maar die uiteindelike toets sal wees wat in die volgende jaar of twee gebeur.

Ontwikkel Irak tot ’n stabiele land, kan gesê word die Amerikaners het “gewen”. Maar vir eers moet ’n mens maar skepties wees.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.