Lig in die tonnel teen korrupsie

2012-01-29 21:35

Die nuwe korrupsie-waghond ­Corruption Watch (CW) is die hoopvolste inisiatief in die laaste jare in die stryd teen korrupsie.

Daar is velerlei redes hiervoor.

Eerstens kom dit met die steun van Cosatu, ’n bondgenoot van die ANC.

Dieselfde Cosatu wat verkiesing ná verkiesing stemme werf om die ANC te laat regeer, maar wat nie sy regering vertrou om korrupsie uit te roei nie.

Tweedens staan dit onafhanklik van die regering. Die uitvoerende direkteur is mnr. David Lewis, voorheen voorsitter van die Mededingingstribunaal, en die raadslede is gesiene Suid-Afrikaners.

Laastens wil CW soveel moontlik mense betrek deur die internet en sosiale media te gebruik om alle korrupsie – hoe klein ook al – aan te meld.

Hopelik sal dit tot ’n groter bewusmaking onder alle Suid-Afrikaners lei dat geen korrupsie geduld moet word nie.

Nie die “koeldrank” (’n R100-noot in die ID-boekie om ’n groter boete vry te spring) aan ’n verkeersbeampte nie en ook nie die R50 in die hand vir die werker by die munisipale vullisterrein om bourommel af te laai in ’n plek vir tuinvullis nie.

Die nadeel van CW is dat hy nog betreklik klein is. Hy kan nie self sake ondersoek nie, maar sal dit na gepaste wetstoepassers verwys, wat ook korrup kan wees.

Mnr. Jeff Radebe, minister van justisie, en die regering se steun hiervoor lyk na blote lippediens.

As die regering wil, kan hy baie gou grootskeepse korrupsie stop met twee eenvoudige stappe.

Die een is om staatsamptenare te verbied om hul eie ondernemings te bedryf en die ander om toe te sien dat tenderprosedures streng gevolg word.

Net so is Radebe se lof vir die media oor korrupsie opperste skynheiligheid.

CW het juis tot stand gekom omdat die regering nie met korrupsie vertrou word nie en dat hy wetgewing wil instel om dit moeiliker vir die media te maak om korrupsie oop te vlek. 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.