Motoriste se gedrag moet verander

2012-01-19 22:30

Die jaarlikse padslagting in die Desember-vakansie het verlede jaar 1 475 mense geëis.

Die meeste van dié sterftes is volgens mnr. S’bu Ndebele, minister van vervoer, veroorsaak deur botsings reg van voor.

Ndebele het by die bekendmaking van dié syfers gesê strenger wetgewing is nodig om sulke sterftes te bekamp.

Dit sluit in ’n moontlike verbod op drink en bestuur of dat bestuurders wat pas hul rybewyse verwerf het vir ’n sekere tydperk verbied word om enigsins te drink en dan agter ’n stuurwiel in te skuif.

Die moontlikheid om die maksimum spoed van 120 km/h tot 100 km/h te verminder, word ook oorweeg.

Die vasvat van dronk bestuurders is ’n sinvolle stap.

Te veel mense gaan dood of word geskend weens onverantwoordelike mense wat onder die invloed van alkohol bestuur.

Om die snelperk te verlaag is egter onsinnig. Wat nodig is, is strenger wetstoepassing en optrede teen oortreders.

Roekelose bestuurders sal ander voertuie steeds op sperstrepe probeer verbysteek ongeag wat die snelperk is.

As daar ’n probleem is om ’n wet toegepas te kry, help dit nie jy wysig die wet nie.

Dit is ’n lui en reaktiewe optrede waardeur daar eintlik ’n verskoning gesoek word vir oortreders terwyl hulle vasgevat behoort te word.

Groter sukses kan behaal word met proaktiewe optrede, wat die opleiding van jong kinders in verantwoordelike padgebruik insluit.

Deurlopende sigbaarheid deur wetstoepassingsowerhede is ook nodig.

Die jaarlikse magsvertoon van verkeerslui in die feestyd is nie goed genoeg nie.

As motoriste se optrede dwarsdeur die jaar gemonitor word, sal dit mettertyd lei tot gedragsveranderings wat lewens kan red.

Padgebruikers se houding moet verander.

Dit is ’n moeiliker doelwit, maar meer volhoubaar as die “kitsoplossing”, die verlaging van die snelperk. 


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.