Net nog vir die ‘roofdierstaat’ om te verorber

2010-09-06 22:20

Cosatu bly ’n bondel kontradiksies.

Voorverlede week het die land amen gesê toe mnr. Zwelinzima Vavi lostrek teen selfverryking, tenderpreneurs en die “roofdierstaat”.

’n Week later is Cosatu terug, dié keer met ’n voorstel dat ’n “solidariteitsbelasting” verhaal word van topverdieners om die welvaartgaping te verklein.

Suid-Afrika se welvaartgaping is inderdaad te groot. Dit bedreig stabiliteit.

Maar die oplossing is nie dat die staat van welvarendes vat en aan die armes gee nie. Jy maak nie die armes ryk deur die rykes arm te maak nie, het Churchill gesê.

Blywende welvaart word net geskep deur verdienste en harde werk. Nie deur konfiskasie nie.

Maar selfs al word die argument aanvaar dat die rykes meer moet gee, dan bly die vraag: om te wat Suid-Afrika se welvarende individue en maatskappye dra reeds ’n besonder swaar belastinglas.

Hulle sien die verslae van die ouditeur-generaal oor die benarde peil van finansiële bestuur in staatsdepartemente; hoeveel miljarde verkwis word weens korrupsie, onbevoegdheid en uitspattighede.

Terwyl miljoene armes uit volle bors (en met reg) kla dat hulle nog nie die voordele van die demokrasie gesmaak het nie.

Cosatu is die kampvegter vir ’n geëmplojeerde elite.

Hy praat nie meer namens die werklik armes nie, daar waar die welvaartgaping op sy pynlikste manifesteer.

Waar die eintlike probleem werkloosheid is, nie lone nie.

Om dít te bekamp, moet die antwoord gesoek word in die teenoorgestelde rigting as Cosatu se koers.

Die ekonomie moet vryer gemaak word, bepaald van beperkende arbeidswette.

Dan sal investering en indiensneming begin gebeur, veral as dit makliker word om jonger, onervare mense aan te stel.

Verbeter die onderwysstelsel hiermee saam.

Miljoene jeugdiges word jaarliks op die arbeidsmark gestort sonder die mees basiese vaardighede vir indiensneming.

Stel dus eers die fundamentele dinge reg.

Laat die staat ordentlik begin funksioneer.

Anders beteken Cosatu se voorstel van bykomende belasting bloot meer geld wat die “roofdierstaat” kan verorber.


Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

BMW

320i
2005
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 139,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.