Stop ANC met sy plan vir Afrikaans

2012-02-06 11:30

Die ANC gaan sy kop in ’n byenes steek indien hy die jongste weergawe van die wetsontwerp op tale onveranderd op Afrikaanssprekendes probeer afdwing.

Soos die wetsontwerp nou lees, kan doemprofete se profesieë oor die uitsterf van Afrikaans waar word.

Kwansuis wil die wetsontwerp veel­taligheid bevorder, maar die Orwel­liaanse uitwerking daarvan gaan wees dat Engels die lingua franca en enigste ampstaal gaan wees.

Engels en Afrikaans word in die wetsontwerp uitgesonder as twee voorheen bevoordeelde tale, waarvan net een in ’n streek as ampstaal gekies mag word.

In praktyk is dit die einde van Afrikaans as ’n ampstaal.

Om Afrikaans en Engels oor dieselfde kam te skeer is óf kwaadwillige skoorsoekery van die ANC teenoor Afrikaans óf skokkende onkunde.

Engels is ’n koloniale taal wat in die globaliserende wêreld sterk tale soos Duits en Frans ongemaklik laat voel.

Afrikaans is ’n inheemse taal soos Zoeloe en Xhosa.

Weliswaar is Afrikaans onder die NP-bewind bevorder, maar die taal het ’n lang geskiedenis voor die NP gehad.

Afrikaans hoef nie die een of ander skuld vir apartheid betaal nie. Die taal het nie apartheid begin nie, net soos Duits niks met Nazi’s te doen gehad het nie.

Afrikaners, Afrikaanssprekendes of wie ook al watter variant van Afrikaans praat, moet woedend wees omdat die ANC Afrikaans nie as inheems beskou nie.

Dis ’n belediging vir al die sprekers van die taal, van wie die meeste nie wit is nie.

Afrikaans is een van die min inheemse Afrika-tale wat tot ’n kuns- en wetenskapstaal ontwikkel het waarin werke van wêreldgehalte geskryf word.

Afrikaans is genoeg afgeskaal. Die streep in die grond moet hier en nou getrek word.

Die ANC kan Afrikaans liewer as model vir die ander inheemse tale gebruik. - Beeld-hoofartikel 6/2/2012

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.