Toelaes nie antwoord vir armoede

2012-01-30 21:29

Die maatskaplike toelaes wat die regering aan amper 15 miljoen mense betaal, het ’n tweesnydende swaard geword.

Enersyds is dit ’n vangnet vir die heel armes. Die toelaes is nie groot nie.

 Vir ’n pensioentrekker is dit R1 140 per maand en vir ’n kind R260, maar dit help hulle oorleef.

Andersyds is dit ’n onomstootlike feit dat die toelaes nie volhoubaar is nie.

Die aantal mense wat dit ontvang, word jaarliks meer. Dit neem ’n al hoe groter hap uit die begroting en beteken minder geld vir infrastruktuur en projekte wat werk skep.

In die afsienbare toekoms sal daar net nie genoeg geld vir die toelaes wees nie.

Die enigste uitweg vir die regering sal dan wees om nog geld te leen, wat baie gou tot groot rampspoed kan lei.

Om die toelaes te staak, is nie ’n opsie nie. Dit sal ’n revolusie veroorsaak.

Maar die regering moet nou ’n perk op die toelaes plaas en oorambisieuse planne soos nasionale gesondheidsversekering laat vaar.

Daar is ander oplossings en antwoorde.

Goeie onderwys en opleiding kan werkloosheid verminder. Die regering kan onderwys net nie op ’n aanvaarbare peil kry nie.

Die groot rede daarvoor is dat hy te bang is om Cosatu en sy Sadou-onderwysersvakbond te konfronteer. Sadou se talle lui en onbevoegde onderwysers pleeg verraad teenoor die land se kinders.

Die regering het ook nie die durf om Cosatu oor arbeidswetgewing en minimumlone te pak nie. Dit kan onmiddellike verligting vir derduisende werkloses bring.

Daar was al absurde gevalle waar die regering fabrieke gesluit het wat nie minimumlone betaal het nie.

Laastens moet die regering ’n vriendelike klimaat skep wat dit vir maatskappye maklik en veilig maak om hier te belê.

Met die huidige nasionaliseringspraatjies sal enige maatskappy twee keer dink.


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.