Wat van die ander lakse provinsies?

2012-01-22 21:22

Om die volhoubare bestuur van Limpopo se regering te verseker is dit goed dat die nasionale regering hom daar laat geld en die snylem inlê.

Die tydsberekening (so vlak voor Mangaung 2012), asook die drastiese aard van die ingryping, laat mens egter met vrae oor die regering se motiewe.

Hoekom nou?

Limpopo se geldsake gaan sedert 2009 erg die kreeftegang.

Boonop het die media ook die afgelope vier jaar sonder ophou berig oor beweerde korrupsie met staatstenders, asook die bestaan van ’n mafia wat die staatskoffers in die provinsie plunder.

Ondanks al dié gevaartekens het die regering toegelaat dat dinge so versleg dat die bestuur van die provinsie byna tot stilstand geknars het.

Mense kan dus nie verkwalik word as hulle wonder of daar bymotiewe is nie.

Om die inwoners se onthalwe wil mens egter hoop dat dit nie die geval is nie.

Want as daar ander motiewe is, gaan die regruk-proses beslis nie met die gewenste spoed, dringendheid en deeglikheid geskied nie.

En die gewone mense daar het al soveel gely.

Nou lyk dit boonop of inwoners nog meer gaan ly weens die onbevoegdheid van die provinsie se leiers.

As oplossing vir die geldelike penarie waarin die provinsie hom bevind, maak mnr. Cassel Mathale, premier, die absurde voorstel dat die provinsie minder huise en skole moet bou as wat hy nodig het om dakloses te huisves en ’n beter toekoms vir sy leerlinge te verseker.

Die ander vraag wat bly knaag, is waarom die regering nie met dieselfde felheid in ander provinsies ingegryp het nie.

Dat die ouditeur-generaal verlede week gesê het provinsiale departemente het in die 2010-’11-boekjaar onreëlmatige uitgawes van R16,2 miljard aangegaan en R850 miljoen verkwis, is genoeg rede om die regering se ystervuis ook in ander provinsies te bal.

’n Provinsie soos die Oos-Kaap was byvoorbeeld nog nooit juis die toonbeeld van goeie en eerlike geldbestuur nie.


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.