Die
Bybelskrywers stel belang in politieke, ekonomiese en godsdienstige vryheid.
Verskeie dele eggo die vryheids-ywer. Ander Bybelgetuies fokus op ’n soort
vryheid wat meer grondliggend is: Die vryheid om jouself te wees: Vry voor God
en vir God.
Wanneer ’n mens gevra word oor hoe jy God ervaar of oor ’n kwessie soos
die Belhar-belydenis, sukkel jy om vry te bly. Jou gespreksgenote kan jou
openhartig-heid as ’n bedreiging of ’n aanval beskou.
Uit
Jesus se verhaal is dit duidelik hoe vry Hy gebly het. Sy vryheid kos hom ’n
kruisdood. Die minste wat ons as navol-gers moet doen, is om sy vryheid in te
sien en bereid te wees om vir vryheid ons gemak of aansien op te offer.
Paulus help ons daarmee deur te ver-duidelik dat die vryheid nie net
’n “vry-heid ván” is nie, maar ook “vryheid óm”. Vryheid is nie leeg nie, dit
het ’n doel.
Die
priester en Leviet stap nie by die beseerde man verby omdat hulle sleg is nie,
maar omdat hulle aan die reinigings-wette gebonde is. Eers as Christus ons
vrymaak van hierdie soort godsdiens sal ons vryraak om lief te kan hê soos God
van ons vra.
Dit is merkwaardig dat die sogenaamde “sterk” Christene in die stad
Korinte vrygeraak het van die algemeen heersende bygeloof dat die vleis uit ’n
heidentempel “getoor” is (1 Kor. 8-10).
Vry
van ’n binding beteken nog nie ’n hoë telling op die vryheidskaal nie. Ons is
eers waarlik vry as ons die vryheid ook gebruik om diegene te respekteer wat van
ons verskil. Die “sterkes” moes wys optree en opoffer om nie “swakhede” by ander
te versterk nie.
Vandag is daar ander godsdienstige of samelewingskragte wat ’n houvas op
ons kry. Christus kan ons daarvan bevry. Maar ons moet ook bevry word om met
wysheid en liefde te kan optree.
– André van Niekerk
Uit die Woord: “Julle is tot vryheid geroep.
Moenie jul vryheid as verskoning misbruik om sonde te doen nie.”
–
Galasiërs 5:13