Klein dorpie, groot sjarme

2010-01-30 06:00
Ian en Lise Manley

Ian en Lise Manley

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hoekom is julle mal daaroor om in Riebeek-Kasteel te bly?

Dis ’n klein plekkie, maar dit bied ’n diverse gemeenskap van gerespekteerde kunstenaars en professionele mense wat ontsnap van die besige stad. Ons het als tot ons beskikking hier – van vars plaasprodukte tot kwaliteit-meubels. Hier is selfs ’n Franse vrou wat onlangs ’n koffiewinkel oopgemaak het – en sy bedien die beste Belgiese sjokoladeroomys!

Wat maak die dorp spesiaal?

Dit is ’n klein gemeenskap wat omgee. Ons is afgesonder van die besige leefstyl wat ons deur die week handhaaf, maar tog is ons steeds net ’n uur weg van Kaapstad, Stellenbosch en die Paarl.



Watter restaurant is bo-aan jul uiteetlys en hoekom?

Daar is ’n paar! Auntie Pasti vir sy fantastiese Italiaanse mezzeproe-spyskaart, Bar Bar Black Sheep vir sy tradisionele boere-ontbyte en vir ’n romantiese aand is die sjiek Café Felix perfek.

Waar is ’n lekker kuierplek?

Auntie Pasti het op naweekaande dikwels ’n DJ wat gesellig is.
Lattitude is ook gewild onder besoekers en inwoners.

Watter drie plekke moet toeriste sien op ’n besoek aan Riebeek-Kasteel?
’n Besoek aan die Kloovenburg- wyn-en-olyflandgoed asook die naburige Olive Boutique is ’n moet. Snuffel deur die winkels in en om Shortstraat en laastens sit op die stoep by die Royal-hotel vir ’n oggend-koffie of ’n laatmiddag drankie.

Watter mark of winkel is jul gunsteling?

Ons loer graag in by Garden Bleu – ’n kwaliteit-tuintoebehore-winkel. Ancient Spirits, wat spe-siale binnenshuise dekor-items bied, is ook ’n gunsteling. Ons besoek altyd die maandelikse varsproduktemark in Short-straat vir die beste “babelas-burgers”, soutterte en kolwyntjies.



Waar is die pragtigste plek in Riebeek-Kasteel?

Die uitkykpunt op die heuwel net voordat mens afry in die vallei.  

Spog met jou dorp!

As jy dink jou dorp is die beste plek onder die son, skryf vir ons en vertel hoekom jy so dink!
Stuur e-pos na naweek@ media24.com met volledige besonderhede van jou dorp en ’n paar foto’s.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.