Annemarie van der Walt

Die hoek waar drie dae by mekaar uitkom

2012-01-25 21:48

Annemarie van der Walt

Vanjaar is die jaar van lysies.

Om geen ander rede nie as om tred te hou met uitverkopings, doen-dit-self-projekte, dankbaarheid, herinneringe en die noodwendige kluitklaplys.

(Vir laasgenoemde Afrikaanse nuutskepping vir bucket list kry Dawid van Lill die eer. Dit lê tog so lekker op die tong.)

Want werk ’n mens daagliks saam met jongelinge, bereik jy ’n punt waar erkenning van ’n verdrietige geheue vir die alledaagse waardiger is.

Terwyl hulle klets oor watter boetiek die billikste is vir knap rokkies en spykerskoene, krabbel jy op ’n flenter papier die maand se klerelys: Werkskoene Green Cross (swart) T-hemp Mr P (swart) bra Woolies (swart).

Die jong kollegas se ongetroude drome behels Ingrid Jonker se “’n huisie met tuintjie met blou madeliefies” (“Ingrid Jonker? Was sy op MK?”), ’n man en twee-en-’n-half kinders; op betaaldag in jou dagboek pen jy puntsgewys neer karbolineum vir heining, tuinvullis wegry, bel kinders se pa oor naweekbesoeke.

Met blink oë stel die jong vroue gastelyste op vir kombuistee’s en die term “bach­e­lorettes” doem vir die eerste keer in jou woordeskat op.

Jy stap hoflik weg wanneer uitgewei word oor wat mens alles met verskeie toebehore kan en moet doen, want laas was ’n houtlepel nog iets waarmee jy witsous roer.

In die kombuis.

Voordat jy vergeet, tik jy op die selfoon se klokkie­geheue in: Trapleer, karbol ... karbol, vernis (dof nie glans), inspuitings vit B (self) hondsdol (katte).

Elkeen van die twintigerjariges saam met wie jy werkure deel, wil nog na soveel plekke reis.

Van Griekeland onthou jy self loom nagte en eensaamheid; van Lissabon ’n ete onder ’n lourierboom, en van Stockholm ’n swanger vrou in ’n trourok tussen malende toeriste.

Lank nadat die winkelkinders die deur uitgewarrel het, tik jy steeds lysies af en stel nuwes op as eggo op hul onsiniese drome.

Herinneringe word aan die vergetelheid ontruk: Die smaak van kaiings en die geur van ’n melkstal; jou eerste aandrok; jou dogters pasgebore met die reuk van vrugwater aan hul hare; die eerste sien van ’n waterval; hoe ’n man se bobeenspiere saamtrek onder jou hand wanneer hy die motor se koppelaar intrap en jy telefoonpale tel om kalm te bly; ’n appelboom wat geplant is, en ’n gedekte eetkamertafel waar jy die aand se gesprekke kan naskryf.

Eerste op die kluitklaplysie waaraan jy einde ten laaste jou hand waag, skryf jy: Om op ’n warm somerdag by Crook’s Corner te staan, in die driehoek waar drie lande ontmoet.

Jy sit jou pen neer, want jy weet reeds wat die jong vroue mettertyd sal lééf soos jy moes.

Daardie drie lande kan die verste plekke op aarde wees of sommer reg voor jou voete, want dit het als te make met gister en môre, maar veral met vandag.


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.