Annemarie van der Walt

Om die wêreld stuk-stuk te eet

2010-03-18 23:13

Dit was ’n plesier om die man te sien eet, vertel sy en rol die een punt van haar voorskoot tussen haar vingers. Hy’t omtrent elke dag ’n draai gemaak by die restaurant en sy onthou die eerste dag wat hy daar was nog goed.

Hy’t nie soos ander klante sommer so weggesluk aan die kos wat sy be­dien nie. Wanneer sy ’n bord voor hom inskuif, het hy die koerant versigtig opgevou en eenkant neergesit, die vurk en mes as't ware geweeg in sy hande, en dan – oë half-toe – gepróé. Soms, sê sy terwyl sy effentjies sug, kon sy nie anders as om iewers om ’n hoekie te staan en net te kyk hoe hy die kos geniet nie.

Soggens was dit spek en eiers. Die eiergeel moes sag wees, die spek nie te bros nie. Mettertyd het sy so ’n ietsie ekstra saam bedien: Miskien vars, groen aspersies wat nooit te lank of te kort in die kokende water gedompel is nie, ander kere skywe sonvars mango, op ’n slag selfs varsgeplukte aarbeie met so ’n tikkie swartpeper daaroor.

Later het hy in die middaguur ook by die tafel in die hoek kom inskuif. Aan die begin het hy kwalik ’n woord gerep, maar as sy reg onthou, was dit die dag dat sy haar ouma se ertjiesop opgediep en met sorg berei het toe hy die eerste keer aan?’t gesels geraak het.
“Nie op ’n familiêre manier nie, jy weet,” verduidelik sy en vee oor haar hare sodat ’n meelstreep soos ’n flerts maanlig agterbly, “net gemaklik,
alledaags.”

Hy’t vertel hoe koud dit in Amsterdam kan word, hoe warm in Istanbul. Hoe besig Athene, en hoe verskriklik stil Bregenz snags is daar aan Oostenryk se soom teen die Bodensee.

Die dag toe sy die lamsribbetjie, wat naglank in ’n sagte knoffelsousie gemarineer is, oor ’n oop vuur braai sodat dit gaar kan word deur die beenkant, vertel hy haar van verskietende sterre in die hemel bo Cradock en ’n sonsverduistering wat hy naby Lusaka loop gadeslaan het.
Haar resep vir hoenderbobotie het hy kort daarna uit haar probeer kry met verhale van vae tromspel tydens ’n oornag in Francis­town, en hoe vreemd dit is om in Suriname kenmerkend Suid-Amerikaanse hitsigheid met ’n Nederlandse tongval te beleef.

Nagte lank, alleen in die restaurantkombuis wanneer al die omliggende geboue se ligte al afgeskakel is en g’n mens meer ongeduldig op ’n oop parkeerplek in die besige straat wag nie, het sy nuwe resepte prakseer om gestalte te gee aan al die plekke waarheen hy al gereis het: Kekerertjies en brandrissie vir Marokko, spätzle vir die Swartwoud, bredies vir Roemenië.

Langs die lyntjiesboek waarin sy haar probeerslae se geheime daardie tyd opgeskryf het, was ’n wêreldatlas oopgeslaan sodat sy nou en dan haar vingers kon laat dwaal oor die berge en mere en stede op vastelande waar sy nog nooit was nie. Op Denemarke het ’n stukkie brosdeeg bly klou aan Jutland se kus, in die oseaan tussen Australië en Nieu-Seeland was ’n blerts macadamia-olie, en Mexiko sou later deurloop onder ’n leksel atjar wat van die lepel gegly het.

Ek wag, hou dop hoe sy haar voorskoot platstryk oor haar heupe, vroetel met die spenssleutel wat sy aan ’n kettinkie aan die voorskoot gespeld hou.

Die laaste keer dat sy hom bedien het, was met ’n oondgebakte camembert toegedraai in ’n bottersagte skilferkors en bedruip met soet bessiesous.

Dis nou al maande gelede. Hy was nog nie weer by die tafel in die hoek nie. Miskien is hy weer aan?’t reise, wie weet of hy in ’n ongeluk was?
Toe haal sy ’n koevert uit haar voorskoot se sak, stryk dit plat op die tafel asof sy deeg uitrol, en slaan dit oop sodat ek kan lees: Vlug SA903 van Johannesburg na Marrakesj vertrek oor ’n week.

“Ek weet nie eens wat sy naam is nie, maar as jy hom ooit weer hier raakloop, sê tog dankie vir die hongerte vir die wêreld waarmee hy my gelaat het.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 67,990.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2011
R 275,900.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.