Annemarie van der Walt

Om op te kyk en in te neem

2010-09-03 00:06

Annemarie van der Walt

Een oomblik knoop ons nog jasse toe tot onder die kinnebak, die volgende oomblik moet ’n mens selfs die ligste aantrekding laat waai in die hittige aankondiging van die nuwe seisoen.

En my kop is dié keer dalk reg vir die ingehoue beloftes wat elke lente meebring, maar helaas nie my lyf nie.

Dit gaan nie oor die winterweerbaarheid om my middellyn nie, ook nie oor growwe hakskene (dit hét ’n mens nou van gedurig se vasskop ... ) of my wapperende wit bo-arms nie. Dis my bloeddruk wat nie wil stabiliseer nie.

Kry ek ná maande eindelik al die dokumentasie gereed om al langs amptelike weë my geboortevan terug te neem, is dit vanselfsprekend die dooiemansdeur van binnelandse sake weens stakings wat die kwik in my kop laat styg.

En dit help allermins daar is ’n 16-jarige wat in jou nek blaas vir haar eerste burokratiese ervaring om ’n eie identiteitsdokument te besit.

As daardie lang amptenaar wat ’n maand of drie gelede so doeltreffend die paspoorte binne twee weke in my hande laat beland het maar kon weet watter plofbare hormonale kombinasie op die sypaadjie aan’t stoom was, het hy summier van alle ander intimidasie vergeet.

Diep asemhaal en my bloeddruk daal mettertyd tot ’n telling wat nie soos sprinkane in my ore kier-kierrr nie.

Op pad huis toe is ’n handvol werkers wat ek iedereen ken op die gewone plek langs die roete. Ek’s niks lus vir geselskap nie, maar hoe kan ’n mens nou verby ry en die dorp is nog 8 km ver? En soos ons ry, lag en gesels hulle bulderend, vier groot manne wat die 1,5 liter-enjin van die motor die steilte laat uitstotter, en ek raak sissend vies vir die verlies aan my vrede.

Met die aflaaislag van die vrolike spul word vyf groot en ryp avokado’s in my hande gestop. “Omdat jy ons bene spaar.” En ek kry skaam vir my selfsugtige self, bloedrooiskaam.

Terug by die huis het die wilde perde die soveelste keer ’n ketting in sy maai gebeur om in die tuin te kom en my grasperk te steel. Asof die miere en molle en die een of ander onnoembare fungus nie al almal hul kleim kom afsteek het nie.

My moedelose hartklop is in pas met die perdepote toe ek al om die huis aanjaag aan die halsstarrige diere. Maar ook net tot die nuutste vulletjie petieterig die merrie agterna wankel.

Wat is ’n grasperk tog meer werd as ’n klam perdeneusie teen jou skouer?

Al genade is om ’n mens se frustrasie teen die berg uit te haal. Lang treë, sodat jou spiere begin brand; stewige pas oor en deur die rotse. Oë op die grond om te sien waar in die selfopgelegde haas getrap moet word.

Dis die kleinste geel trompetblommetjie wat my in my spore laat vassteek. Ek kyk op en sien ’n plaat geel om my, kompleet asof die son self tot bot kom. En afgeëts teen die blou lentehemel is die twee klipspringers wat ek in al die jare slegs drie keer al gesien het.

Ek sak op my hurke, skuif later af tot op my boude met my rug teen ’n klip. My asem jaag al hoe minder. Ek druk my vingers in die grond en ruik die aarde. Naby, net te ver om by te kom, lê ’n klompie ystervarkpenne soos ’n ruiker. Die klipspringers hou my met ’n amperse beterweterigheid van hul hoogte dop.

Stadig maak ek my stapskoene los om my voete ook in die grond te kan druk, gebarste hakskene of te not. Die son steek teen my spierwit bo-arms, die denim knyp my wintermiddel.

Maar ek vóél my bloed in my are. Sommer net so, ongevraagd, onwillekeurig. En ek leer die les vir die soveelste keer: Dit help nie om voort te stoom, oë op die voete en net die volgende tree nie.

Die geheim lê daarin om op te kyk, alles rondom in te neem. Soms is ’n oomblik genoeg om lyf en kop bymekaar te kry, soos dit hoort.

Om bloed se suising in ’n singery te verander.
 
Dit ís immers ’n nuwe seisoen.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES

CLS 350 7-sp Touchshift MY08
2011
R 749,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.