Annemarie van der Walt

’n Wenslys van klanke wat op nuwe ore val

2012-02-01 22:48

Annemarie van der Walt

’n Deur wat klap.

’n Doodgewone geluid wat die meeste van ons nie eens sal laat omkyk nie.

Maar wát ’n geluid moes dit nie gewees het nie vir die kleine Cailyn Jacobs kort nadat haar gehoortoestel geaktiveer is ná ’n koglea-inplanting verlede jaar.

Die verwondering op haar gesiggie laat ’n mens se hart effe ineenkrimp en heimlik is die wens sy kon iets soos die roep van ’n swartkopwielewaal of ’n rooikophoutkapper as haar maagdelike klank van dié wêreld hoor.

Ek wonder hoe haar ouers se stemme vir haar klink, watter woorde – hoe onverstaanbaar nog vir haar – eerste aan haar gesê is.

Watter ongelooflike reis lê nou voor dié gesin.

’n Wenslys van dinge om te hoor word opgestel vir die klein meisiekind: water kabbelend oor rivierklippe; die gerommel uit ’n olifant se maag; dawerende perdehoewe wat jy eers voel op die krop van jou maag voordat jy dit hoor; ritselende blare in die herfs; bye wat zoem.

Ook al die verskillende maniere waarop mense lag: die skater, die giggel, die uitasem ge-ge-ge, die geproes.

Mag sy egter die skril en skellerige lagte nog lank gespaar bly. So ook sirenes en huisalarms en toeters en klingelende kas­registers.

Daar gaan ’n eerste keer wees dat sy ’n vliegtuig deur die lug hoor ruis, ’n bees wat bulk, ’n kruiwa se tjierie-tjierie.

En mettertyd sal sy leer hoe langsaam en uitgerek alles begin klink wanneer dit skemer word.

Watter musiek sal ’n mens haar toewens?

Vrolike rympies deur ’n koor kinderstemme, ’n dwarsfluit-solo wanneer die vroegoggendmis padgee voor die koms van die dag, miskien ’n marimba wat klink soos die kleur van die aarde?

Ek sou wat wou gee om naby te wou wees wanneer Cailyn vir die eerste keer luister na Pretty Yende, ons jong operaster wat op ’n keer die beter eienskappe van ons nasie so onder woorde gebring het: “As ons huil, sing ons. As ons lag, sing ons. As ons hartseer is, sing ons. As ons verloor, sing ons. As ons wen, sing ons.”

Of miskien kan dit Bach se toccata en fuga in D mineur wees, terwyl Marlene van Niekerk se gedig oor dié stuk musiek byderhand is: “ ... dié grootmoedigheid het God beloon / deur sewe orrelpype / soos offerkerse op die see te giet / die môrester het Hy in sy kop laat val / dit daar laat dreun, dit vir die grap / in duisend kontrapunte / uitmekaar laat spat ... ”
 
Hierdie ondermaanse oor-vol met klanke moet sekerlik liefs geleidelik bekend gestel word aan iemand wat die groot stilte agterlaat.

Lettergreep vir lettergreep sal sy dít leer wat soveel horendes soms naarstig hul ore teen sluit: Woorde van teerheid, maar ook ongeduld; hulpkrete en verwyt; eensaamheid en woede.

Mag haar eerste woorde sagkens gesê word en mag sy leer hoewel die lewe uitgespel word deur ’n skraal alfabet, is dit een wat elkeen telkemale opnuut moet leer klank.

Ons horende dowes by uitstek.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.