Blouwillemaandag

Grootbaas se prioriteite nie te versmaai

2012-01-29 21:35

Blou Willem

Ja-nee, die dieseldampe het nog nie gaan lê oor onse president wat met drie vliegtuie afgesit het die vreemde in nie.

Terloops, hoeveel keer was hy al weer terug vir skoon onderklere?

Hierdie week het hy darem blykbaar drie lande met een enkele vliegtuig besoek en nie drie nie.

Dik Daan reken dis baie onregverdig dat die baas so gekritiseer word, want as hy sy hele familie én skoonfamilie moet saamvat en nog ’n lyfwag of twee, is drie vliegtuie mos nie te veel nie.

“En die grommers en die brommers moet sommer ook ophou grom en brom oor die nuwe vliegdekskip wat die staat nou wil aanskaf,” sê hy.

“Hulle moet maar net met daai ding in die regte rigting vaar, dan kan die Stinkwazi mos sommer met ’n Ventertjie vol gereedskap in die see of in die Vaaldam land vir herstelwerk, of hoe?”

Oom Johnny het nog ’n teorie.

“As jy nou die grootbaas was wat gevlieg het met ’n hele yskas ­vol skaapstertjies, dik filette, kaviaar, perlemoen en jou eie lugwaardinne met kraletjievoorskootjies wat jou in suiwer Zoeloe bedien en bedien en weer bedien, sou jý die kans vat om op een of ander eiland oor te klim op ’n vliegtuig sonder aircon en met dik waardinne waar jy tussen gewone piepols moet sit en ’n ou growwe rolletjie met pap tamatie en harde kaas moet eet?

“Jy moet mal wees, man!”

Nou ja, daai’s oom Johnny se teorie.

Ek dink rêrig die Bulle se base het ’n saak beet oor Heimlike Meyer en sy nuwe ou joppie.

Dis mos baie belangriker dat die Bulle se o.31-span in die Wêreldbekertoernooi vir o.31’s seëvier; hul amateurspan teen Paraguay; en hul vrouespan in Vrydagaand se girlie night as dat die Bokke presteer.

Prioriteite is mos prioriteite.

Maar genoeg daaroor.

In ’n week waarin ek beleef het hoe vier (ja, vier!) Japanse rygoed helder oordag by ’n begrafnis gesteel word, lees ek dat einste Japanse wetenskaplikes nou ’n druksensor-oppervlak ontwerp wat mens se boude in jou voertuig kan identifiseer om te keer dat iemand hom steel.

’n Mens wonder net wat maak daai sensor as jy en jou ryding nog die een oomblik soos boude was en jy gaan dan op vakansie en tel so vyf of ses kilo’s op.

Gaan hy nog dink julle twee is so dik soos diewe of gaan hy eerder dink jy’s ’n dik dief en begin skreeu?

Dik Daan, wat maar baie wantrouig oor die hele ou sakie is, reken daai sensor sal in elk ­geval waarskynlik net in beboude gebiede kan werk.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.