Blouwillemaandag

Party spoel weg en ander hyg van hitte

2012-01-22 21:21

Blou Willem

Gelukkig het iemand daar van bo af ons darem per koerant, mikstok en posduif gewaarsku oor die nuwe jaar se vreemde en stormagtige weerstoestande wat ons kan verwag en oor die baie reën wat op pad is.

Ons mag mos nie meer mekáár waarsku nie. Jy moet net so skalks loer wanneer jou buurman begin ark bou.

Maar ek moet sê as ek kyk hoe die arme mielietjies staan en skroei soos ek ry, dink ek nie daar’s te veel boere wat sal kla nie.

Soos ou Anton daar op Bultfontein altyd sê: “My maat, met reën kan jy darem íets doen, maar met droogte net mooi boggherol!”

Haai siestog, maar behalwe dat die arme Lampopo op ’n bankkrotveiling verkoop gaan word, spoel hy toe nog weg ook.

Die veiling is nou blykbaar volgende week in Maerpoetoe in Mosambiek.

Nee kyk, toe ek sien die lugmag begin die seekoeie en krokodille ook airlift, toe weet ek sommer dis ’n lelike ding!

Neef Bartel vertel van ’n ou wat hy ken wat hierdie week ’n erf teen halfprys by Blydepoort gekoop het.

Sy enigste moeilikheid is dat die erf nou by Olifantskamp in die Kruger-wille-tuin is (maar soos Oom Johnny sê, dit kan mos nie rêrig ’n probleem wees nie).

Ja, en intussen versmag die res van die volk daar tot in die Kaap van die hitte.

Nico Nel bel van Ceres af en vertel hoe hulle al heelweek daar voor die Aga-stoof sit om af te koel. So met die bek oop soos gaar snoeke.

Hy reken die rede waarom daar nooit groot krieket in hul deel van die wêreld gespeel word nie, is oor dié hitte (nou die dag se wedstryd in die Paarl was volgens hom ’n eenmalige ding).

“Maar dis nie net oor die spelers se radiators begin kook nie,” verduidelik hy, “dis eintlik omdat die TV-tegnologie nie hier kan werk nie.”

“Hoe so?” wil ek weet.

“Ek sê jou, dis so warm hier dat daai hot spot nie eens wys op ’n kolf nie. Nie ’n merkie nie!”

Hy vertel toe sy kinders klein was, het hulle daar deur die Boland emmers vol gesweet met hul ou Kombi sonder lugreëling.

As hulle wegtrek by die huis, sit hy wat Nico is die warm lug volspoed aan.

Dan kla die arme bloedjies en vra pa moet asseblief die aircon aansit.

“Ek sit dan net die warm lug af en siedaar! Eers toe hulle groot was en die Kombi lááng jare al verkoop, het ek gebieg dat hy eintlik nie aircon gehad het nie.”

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.