Blouwillemaandag

Wat maak ons met waardevolle gemors?

2010-03-21 22:14

’n Mens moet darem bietjie simpatie hê met onse president wat sommer so skielik sy bates en laste moes verklaar.

Ons weet Malenema is vir hom ’n las, maar is drie vrouens en 22 kinders ’n bate of ’n las?

Die blou pajamas uit Italië is seker ’n bate, maar wat van die ou skelmpie? Sjoe, moeilike enetjie, my Kroon!

My ou moeder, ouma Tinkie, moes nou ná meer as 20 jaar in die Mooigeleë-aftreeoord aanbeweeg na ’n nuwe blyplek en ek is diep dankbaar dat ek nie vir die parlement haar bates en laste hoef op te teken nie.

Op amper 93 was dit maar net tyd, al was sy “hoofmeisie” daar, maar toe moet ons weer saam met haar deur daai pynlike oefening gaan van minder maak vir nog ’n kleiner plekkie.

En toe onthou ek hoe my vriend Piet ná sy ma se dood daar voor die vertoonkassie met al die mooi goetertjies gestaan het en toe hy dink niemand hoor hom nie, moedeloos vir sy ou moeder daar in ’n beter plek vra:

“Ma, nou wat op aarde moet ek met al hierdie waardevolle gemors van Ma maak?” Net so voel ek.

Dis kaste vol gehekelde doilies en tafeldoeke, oorgetrekte hangers en skoenbokse vol vergeelde briefies, kaartjies en foto’tjies.

Wanneer het ek daai diep goed uitgedink wat ek vir my ma van die grens af geskryf het? En met Die naaimasjien, San­dra Prinsloo se wonderlike stuk, nog vars in die geheue kyk ek met ander oë na ouma se masjien en na die rye rokke, rompe en baadjies wat deur die oog van daai naald is.

Elkeen met ’n storie van ’n polisiebal, ’n teedrinkery op ’n Saterdagoggend in Garlicks ná ’n tremtrippie van Vrededorp af, ’n doop, ’n kind se troue of net ’n huisdra-pakgeerok.

Bokse vol breinaalde, lap, knope, gespes en nog meer bokse vol patrone wat vir vandag se meisies so Grieks sal wees soos Grieks 3.

Om van die resepteboeke nie te praat nie! Van Eet gesond, bly gesond en Kos-kenades tot by Verrig wonders met piesangs.
 
En tussen al daai berge goed kry ek ’n Huisgenoot van 7 Maart 1969.

Die jare rol soos ’n Frederik Burgers-fliek in stadige aksie voor my verby saam met Adoons-hulle, Veka-pakke, Mobil-gas, Lyceum-kollege (my pa het daai plek Luiseun-kollege genoem), ’n kortverhaal, “Helde wat val” deur wyle Pieter Pieterse (nee, nie oor die politiek nie) , Kolynos-tandepasta, ’n Toyota Corona vir R1 940 en, les bes, ’n artikel oor die koste van ’n troue:“Wat my liewe dogter se troue my kos”.
 
Troukaartjies wat tot R8 vir 100 kan kos, die foto’s wat jou R100 uit die sak kan jaag, die troukoek ’n volle R35 en “die strooimeisie wat self voor die naaimasjien sal moet inskuif as sy wil hê haar rok en toebehore moet minder as R40 kos”.

Toe daai pa ná die tyd sy somme maak, werk hy uit dat die hele “mak, ordentlike troue” vir 250 gaste hom R1 409 armer gelos het!

En toe gaan sit ek daai Huisgenoot in ou Hugo se posbus, want sy dogter is laas week getroud en hy was ook in 1969 in matriek, nes ek en daai Huisgenoot.

En toemaar, Ouma, ek sal nie al jou waardevolle gemorsies weggooi nie, al dink jy ek gaan. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 67,990.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2011
R 275,900.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.