Blouwillemaandag

Wie erf dan jou gat as jy hom gekoop het?

2010-03-14 22:36

Dis vir my ’n pragtige storie van die dorpie in Duitsland (en die ouens in Kempton-on-Tambo) wat ontslae wil raak van hul slaggate deur hulle te verkoop.

Wat ’n rein gedagte!

Lyk my jy gaan sien jou gat, neem dan jou gat aan deur hom te koop en met daai geld maak hulle dan jou gat vir jou reg.
 
En dan sit jy ’n koperplaatjie op jou gat en dan kan jy hom gaan sien soveel keer as wat jy wil, en selfs met hom gesels as jy die soort ou is wat graag met jou gat gesels.

En ou Essie het in sy spotprent hierdie week sommer geteken hoe hulle met ’n gatsometer jou gat se grootte en prys vir jou gaan vasstel. Als klaar uitgewerk!

“Maar wie dink julle ouens sal so dom wees om hom ’n gat in die kop te laat praat en dan ’n gat in ’n pad te koop?

“En wat maak jy met die ding? Want jy kan hom nie eens vir ’n graf gebruik nie, want netnou ry ’n kar jou dood,” vra Neef Bartel.

“Nee, man, dis glad nie so ’n vrot idee nie,” reken Oom Johnny. “Dink net só daaraan: Dis een van die min goed waarin jy in ons land kan belê waar jy doodseker kan wees dat jou belegging oor die volgende paar jaar tienvoudig gaan groei.”

“Maar wat gebeur met jou gat as jy doodgaan?” wil Dik Daan weet.

“Hoe sal dit klink as die prokureur die oom se testament lees en daar staan: ‘Aan my dierbare Gertruidatjie, wat my so mooi tot in my oudag versorg het, laat ek in liefde my gat na.’

“Miskien moet ’n ou maar eerder as jy doodgaan jou gat vir die Tshwane-gatsraad teruggee, of hoe dink julle?”

Ek lees die afgelope week dat die Geneefse sakeskool in ’n studie onder 1 000 getroude pare bevind het dat deur ’n eenvoudige formule te volg die kans op ’n suksesvolle huwelik met 20% styg.

(Interessant waarmee sakeskole hul dae kan verwyl ,nè?)

Die formule is blykbaar heel eenvoudig: Trou met iemand uit jou eie sosiale omgewing (Dik Daan sê hy hoop nie dit beteken hy moes eerder met ’n Blou Bul-aanhangertjie getrou het nie!) wat vyf jaar jonger as jyself is en wat 27% slimmer as jyself is (ook nie te moeilik nie).

En moenie láter eers die jonger vrou gaan soek nie; dit tel nie!

Onthou die ou storietjie van die tweetjies wat albei 62 was en toe op hul 40ste huweliksherdenking ’n besoek van die wensfeetjie kry. Elkeen kan iets wens.

Vroutjie wens vir ’n trippie om die aarde op die Queen Elizabeth, en net daar staan sy met twee retoerkaartjies in die hand.

Hý loer vir vroutjie, toe vir die feetjie en besluit toe wat de hel: “Ek soek ’n vrou wat 30 jaar jonger as ek is,” blaker hy uit.

“Geen probleem nie!” roep Feetjie uit en die volgende oomblik is die oukêrel 92.

So, my ou maat, pasop waarvoor jy wens en onthou, feetjies is ook vroumense!

Kortbroek dalk die nuwe klimaatshoof van die Vermenigde Nasies?

Ja-nee, ons man ken van die klimaat en seile na die wind!

En van seile gepraat: Saterdag skree julle Bulle weer almal vir die Cheetahs teen die Stormers nè?!
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 67,990.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2011
R 275,900.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.