Johannesburg

Saterdag

More sun than clouds. Cool.

4°C
17°C

7 day forecasts
Cecile Cilliers

Êrens is tog die lag van die lug

2010-03-17 22:44

Ek sukkel om kop bo water te hou in ’n land wat my daagliks meer ontstig.

Sowat van onnodige padsterftes, sowat van plaaslike herries oor gebrek aan dienslewering, sowat van misdaad en wedersydse moddergooiery.

Daar word klaend gesoek na beter leierskap of woedend gereageer op die bestaande jeugdige leierskap. En daar is ’n beskamende leedvermaak oor die moontlike mislukking van die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

Kan dit mý land wees dié? Is dit mý mense? Saam met Leipoldt wil ek sug: Nêrens die lag van die lug nie; die lied van die veld versmoor / Deur die sag, sag stadig sanik van die reën wat jy orals hoor ...

Want sanik hoor ’n mens inderdaad orals. Oor die eettafels gaan dit oor dienslewering, by die brugtafel is misdaad aan die orde, in die leeskringe is dit die onverklaarde bates van die president.

Ek sou lankal in swartgalligheid versink het as dit nie vir ’n mondigwording was nie wat Saterdagaand deur ’n ganse uitgebreide familie gevier is. En toe van die jong mense by my kom sit en gesels, begin die son eindelik vir my deur te breek.

Dienie is ’n jong aktrise hier in die Kaap. Soos so baie ander verhoogkuns-tenaars moet sy doen wat haar hand vind om te doen – radiowerk, kunstefeeste, verhoogoptredes – om die pot aan die kook te hou.

Sy’s mooi, intelligent, wel ter tale, ’n uitstekende gespreksgenoot. En sy kla nie omdat daar nie geld vir die kunste is nie.

Inteendeel, sy vertel my van haar vrywillige werk – by polisiestasies word sy betrek om die vroulike slagoffers van verkragting en geweld by te staan.

Sy is geen berader nie, sê sy, maar sy vertroos en gee inligting oor wat die vroue te wagte kan wees – van die dikstriksgeneesheer se ondersoek, deur die polisie se optrede tot by die hofsaak.

En sy moedig hulle aan om die verkragting-en-geweldkliniek te bly besoek sodat die trauma verwerk kan word.

En dan word sy hartseer: Tannie Siela, hulle het die meeste van die tyd nie die R6 (ses rand!) om van hul township tot by die naaste kliniek te kom nie.

Sy knik van ja op my vraag: Ja, sy gee dit maar, maar sy dink dit word waarskynlik gebruik vir kos vir die kinders ...

Willem se verhaal is ietwat vroliker, ewe opheffend.

Werksaam in ’n IT-kantoor koop hy vir sy hele span heldergeel Bafana Bafana-sokkerhemde, en elke Vrydag, besluit hy, moet dié hemde werk toe gedra word, nie net om die onderlinge “spangees” te versterk nie, maar ook om geesdrif te wek vir die komende Wêreldbeker-sokkertoernooi – wat ’n eer vir die land, sê hy.

Maar sy vertelling eindig nie daar nie. Toe hy sy geel hemp aan die jong man oorhandig wat die tee maak, leer hy dat hierdie jong man wat in een van die armstes van die bruin woonbuurte woon, sokkerspanne op die been gebring het in opstand teen die bendekultuur en die tik wat te voet op straat loop.

Daar is nou al drie “ligas” – ’n onder 10, ’n onder 15, ’n onder 19 ...

Daar’s nie ’n veld nie – hulle speel maar waar hulle kan, en sommer met ’n tennisbal. Soms.

En met die geld wat vir sy kantoor se “spanbou” opsy gesit is, koop Willem sokkerballe, en kegels waarom die kinders kan leer dribbel, en hy bepraat die munisipaliteit totdat hulle ’n stuk grond as speelveld beskikbaar stel, en hy beveel sy IT-span: Julle moet begin oefen, ons gaan teen hierdie laaities sokker speel – nog voordat die eerste internasionale wedstryde in Kaapstad plaasvind!

Ek moet my minder met die radio en met die koerante en die oumens­gesprekke ophou.

Ek moet met die jong mense gesels.

Hulle weet hoe om eie hand aan die ploeg te slaan. 

binne beeld

Nuutste Cecile Cilliers-kommentaar

Deon sê... lieftse Timmie. Hierdie wit man wil ook verander maar nie op die manier wat julle wil nie. Ek wil verander in 'n soldaat wat 24/7 die ANC ondersteuners, wit en swart afmaai. My frustrasievlakke is lankal verbygesteek en ek kan nie sien hoe ons verby erge sosiale onrus gaan kom nie. Ek wil he dit moet kom. As my bydrae dan niks anders is as om my vyand op die slagveld te vernietig nie dan laat dit kom!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Engineer/ Estimator

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Embedded Software Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Mechanical Engineer Bulk Materials

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 83,900.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2006
R 208,659.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2009
R 301,715.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...