Cecile Cilliers

’n Sprong op die rug van gister se spook

2012-01-23 22:37

Cecile Cilliers

’n Geruime tyd gelede kry ek e-pos van een van my seuns se portuurs. Hy’t in Angola diens
gedoen en is genooi om deel te word van ’n webwerf met die naam van die bataljon waaraan hy en ander behoort het: “Sodat ons met mekaar kontak kan behou,” is aan hom geskryf.

Tannie Siela, skryf hy, ek was nie lus nie. Dis ’n deel van my lewe waarvan ek liewer wil vergeet. Maar toe lees ek ’n storie wat een van die ander oudsoldate op die webwerf geplaas het en ek dink ek moet tog maar deel word van die groep, soos ek 30 jaar gelede deel was.

Daar is stories wat vertel moet word ...
En dan eindig hy: “Hoe spook dit nog als hier in ons donker onderbewussyn.”

Ek het lank getob oor die brief en oor die
letsels wat die Bosoorlog op baie van ons jong mans – seuns was hulle toe nog – gelaat het. Wonde waaroor hulle met huiwering praat.

En toe, Oukersaand, in die soel aandlug oor ’n glas wyn, vertel een van die neefs aan my ’n verhaal van haat en vrees, vergifnis en versoening.

Hy was, vertel hy, tydens die Bosoorlog in Angola, maar hy wil nie daarvan vertel nie. Ook nie van Cuito Cuanavale nie, waarvan hy deel was. Maar hy wil wel vertel van sy twee oorlogs­makkers, Johan en Lukas.

Miskien was dit gebeure op die grens wat daartoe aanleiding gegee het, hy het nie uitgelê nie, maar hulle drie het bloedmakkers, hartmakkers geword.

Elke jaar in die eerste week van Desember kom hulle in Pretoria by Johan bymekaar – hy van Kaapstad en Lukas (nou Luke) heelpad van Londen.

Tannie Siela, sê die neef, ons drie praat soms oor die Bosoorlog, maar nie noodwendig nie. Tog, twee weke gelede vertel Lukas hierdie storie:
Luke en sy vrou en hul 18-jarige seun was met vakansie in Kuba – hul eerste besoek aan die eilandrepubliek. Twee dae voordat hulle vertrek, sien Luke ’n advertensie vir ’n valskermsprong; nie alleen nie, saam met iemand. ’n Abba-sprong, glo.

Luke het baie lus en sy gesin moedig hom aan. Jy sê altyd jy sou graag ’n parabat wou gewees het, Pa, sê sy kind. Doen dit nou!

Luke skryf in, betaal die geld en hulle styg op. Oorkant hom sit ’n lang, fris Kubaan wat hom ondersoekend aankyk, dan sê-vra: South African? Army? Angola? Cuito Cuanavale?

Luke, skielik beangs, knik stom van ja.

You jump with me, sê die Kubaan. En gespe Luke aan sy lyf vas.

Vertwyfeling, vrees, ’n rasende begeerte om om te draai – en toe is hulle uit die vliegtuig uit en sweef deur die lug. Om veilig te land.

Toe omhels die groot Kubaan vir Luke: Now we are friends, sê hy.

Dankie, Neef. Dankie vir die vertel.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.